Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Oulike Karoo-dorp. Reisigers moet meer afdraai, indraai en sodoende iets van die Karoo leefstyl ervaar."
"Oulike omgewing vir uitspan vir 'n hele paar dae. Wat 'n pluspunt sou wees, sou 'n twee-of-driebladsy A4 'print-out' wees wat iets van die Gariepdam en die oorde, natuurreservaat, ens. se ontstaansgeskiedenis vertel, bykomende besienswaardighede in die omgewing, ens. Hoe gemaak as iemand dalk die damwal van naderby sou wou besigtig, ens."
"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
"Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland."
"'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie. "
"Die dam is tans baie leeg maar die natuurskoon was ongelooflik. Daar is 'n oulike restaurant vir etes met baie goeie diens en die damwal is in goeie kondisie. Baie lekker plek vir foto's neem."
"Vir die grootte van Prins Albert is daar so baie om te sien en te doen, Van Gay se kaas tot die beste museum in Suid Afrika."
"Vir my persoonlik: halfpad vanaf Mpumalanga na Knysna. Sal weer as geleentheid voordoen op Middelburg oornag ."
"Hanover is goed geleë vir 'n reisiger vanaf Gauteng. Dit 'n ideale oornag stop van Gauteng na Kaap."
"Dit spring nie uit as hoof aantreklikheid nie, maar spring verseker uit as 'n besonderse dorpie met 'n energie en 'n stilte wat betower."
"Dis 'n ongelooflike 'mega structure'', wat mens ten minste een keer moet sien."