Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11351 reviews.
"Ek dink Carnavon kan ontwikkel tot 'n top bestemming. Baie mense verkies stilte en rustigheid om weg te breek van die gejaag van die lewe."
"Moontlik het dit potensiaal as toeriste bestemmimg, maar almal gaan net daar verby iewers anders heen. "
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."
"Wil graag ook die restaurant aanbeveel, die kos was baie smaakvol en pragtig voorgesit."
"A must once in a lifetime experience. Stargazing paradise. "
"Enigste om die klein karoo dorpie te “voel” is om hom te kom ervaar. Hier waar tyd nog kom stilstaan het. Kos vir die siel. "
"'n Pragtige dorpie met pragtige gastehuisies en 'n ongelooflike mooi NG Kerk in die middedorp."
"Vriendelike mense in Beaufort-Wes oral waar ons gegaan het. Dit is nie jou gewone Karoo dorpie nie. Dit het uitstekende fasiliteite. "
"Ek is van Aberdeen, gebore en amper daar groot geword. Aberdeen is in my bloed. Nie meer die bedrywige dorpie wat dit vroeër jare was nie. Rustig, ontspanne en lekker uitspan plek met 'n boek in die hand."
"Ons harte was stukkend oor die erge droogte! Alle sterkte aan die boere en gemeenskap!"
"Not a tourist destination but more of an overnight option to break a long day of travelling."