Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.

Williston, Karoo

Annie's Inn

"'n Klein dorpie met opregte mense met warm harte!"

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Mooi museum, baie om te sien, lekker restaurantjies!"

Gariepdam, Karoo

View Lodge

"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."

Steytlerville, Karoo

The Royal Steytlerville

"Pragtige Karoo-dorpie, lieflik. "

Colesberg, Karoo

Crane Cottage

"Uitstekende oornagbestemming, veral wanneer jy terugkeer van die Kaap af na Ganters Paradise (Gauteng)."

Drie Susters, Karoo

Travalia Guest Farm

"Ek moet sê die wind waai altyd daar en is 'n heerlike lafenis."

Bo-Karoo, Karoo

Jasfontein Farm Self-catering

"Mense kan gerus aangemoedig word om daarlangs te ry. "

Victoria-Wes, Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Die omgewing is baie mooi en het baie potensiaal."

Philippolis, Karoo

Anker Guesthouse

"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."

Graaff-Reinet, Karoo

Stemar Self Catering Guest House

"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."

De Rust, Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."

Drie Susters, Karoo

Travalia Guest Farm

"'n Toeristebestemming sal beslis 'n pluspunt wees. Ons wat van die Vrystaat af kom soek soms 'n oorslaap plek veral as ons saam met bejaardes reis. Hierdie is die ideale plek."

Murraysburg, Karoo

Joalani Gastehuis

"Het laat aangekom en vroeg vertrek, glad nie besigtig nie."

Graaff-Reinet, Karoo

Waterval Farm-Stay

"Heerlike Karoo-dorp vol sjarme. Baie veilig."

Beaufort-Wes, Karoo

Young's Halfway House

"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos Self Catering

"Pragtige, interessante dorpie, net warm."

Beaufort-Wes, Karoo

Aandblom Guesthouse

"Die dorp was netjies en skoon gewees!"

Vanderkloof, Karoo

Rhino Manor

"Dis 'n baie rustige en mooi plekkie. Sal definitief weer oor Paasfees daar gaan kuier. "

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."

Nieu-Bethesda, Karoo

Zonnenstrahl Caravan Park

"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."

Hanover, Karoo

AshTree GuestHouse

"Net jammer van al die plastiese sakke wat jou begroet wanneer jy naby die dorp is. Die hele veld is vol plastiese rommel. Regtig 'n seeroog. "

Willowmore, Karoo

Bhejane Game Reserve

"Baie oulike dorpie."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Kussinkie

"Die mense is baie vriendelik."

Colesberg, Karoo

Chargo Merino Inn

"Daar is baie akkomodasie beskikbaa, en gee myns insiens 'n goeie hupstoot vir die ekonomie. Veral in die besige vakansietye."

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Baie mooi plekkie, net jammer ons kon nie by die Reinet-huis ingaan nie omdat hulle besig was om die plekkie op te knap. Dit maak wel 'n mens se hart bly dat dit so mooi instandgehou word. Dit is 'n prentjiemooi plek, al die ou huisies en vriendelike mense. Ons hoop om volgende keer langer te vertoef. Dit is 'n moet vir elkeen om daarheen te gaan."

Gariepdam, Karoo

Karoo Nights

"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."

Blad
Blad 346 - Wys 10351 tot 10380
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang