Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "
"Lieflike dorp, veral ons uiteet die aand by Riverview Lodge was fantasties met goeie kos en goeie diens."
"Ons was baie spyt dat ons slegs een aand daar oorgeslaap het - daar was soveel wat ons nog graag wou sien maar die tyd was te min."
"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Drie Susters is maar net 'n kruispunt van paaie, maar dis 'n haalbare afstand om te ry vanaf Pretoria. Die "Drie Susters" (berge) is natuurlik 'n foto werd! Daar is ook 'n goeie vulstasie met alle geriewe."
"Willowmore is a fair destination. Tourist info office is very helpful. Some interesting places to see. One needs half a day to see all that is on offer."
"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."
"The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them"
"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."
"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."
"Dis jammer dat die swaarvoertuie dwarsdeur die middedorp moet ry. Dis baie besig, gevaarlik en onaangenaam."
"Na-uurse winkels nie te goed nie. Ons moes baie rondry om 'n botteltjie melk te kry."