Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"Graaff Reinet is een van ons gunstelingbesoekpunte, dorp het soveel geskiedenis en Vallei van Verlatenheid is onbeskryflik."
"Lief Prins Albert! Ons stap die dorpie plat en ontdek elke keer iets nuuts. Baie om te sien en te doen!"
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."
"Lieflike dorp. Besoek gerus Ibis Lounge, probeer die Karoo experience op die spyskaart. "
"Ongelukkig was ons net een aand, maar dink daar kan meer tyd met gesin spandeer word."
"Paar pragtige huise, dwars strate is vol slaggate soos meeste klein dorpies."
"Die rustigheid laat mens net lekker ontspan. Weg van die gewoel in die stad."
"Hierdie dorp se gemeenskap staan saam en help mekaar ongelooflik. Ons almal kan kom leer hoe werk spanwerk vir groot funksies. Die gholf Classics is iets waarna ons elke jaar ongelooflik uitsien."
"Unfortunately it was raining and very misty so we couldn't explore the area as much as we wanted. It is a beautiful historical town. Will definitely visit it again in the near future."
"Inwoners is baie trots op hulle dorp en staan saam om paaie te herstel en dorp netjies en skoon te hou."
"Mooier, skoner as die volgende twee dorpe op ons rit."
"Ideaal geplaas vir oornagtuiste op roetes wat uitputtend lank is en wat verkieslik oor langer as een dag moet strek."
"Die Royal Hotel vir drankies en etes. Dit is 'n aangename dorpie met mooi geboue en huise. Alles is loopafstand."
"Heelike wegbreekplek in die Karoo met genoeg vars lug en baie vriendelike mense. Hier kan 'n mens nog die stilte geniet en pragtige sterre sien."