Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Die talle ou geboue in die dorp is vir my mooi. Die mense is vriendelik en gesels ook vriendelik waar jy stop."
"Beaufort-Wes is 'n baie klein dorpie. Ons het net die dag van my verjaarsdag ingery dorp toe om by 'n plekkie te gaan eet. Nietemin was die personeel baie vriendelik. Het nie baie rondgery in Beaufort-Wes nie so dit is moeilik om te weet watter besienswaardighede daar regtig is. Dit is 'n goeie halfpad stop op pad Kaap toe."
"Die dorp is nie meer wat dit was nie. Baie agter uit gegaan, nie meer so skoon en veilig soos 'n paar jaar gelede nie en met al die trokke op die N1, is dit soms 'n nagmerrie om deur die dorp te kom."
"Soos meeste plattelandse dorpe deesdae is die infrastruktuur nie in 'n goeie toestand nie. Middelburg is 'n gerieflike middelpunt vir oornag van Kaapstad na Gauteng as jy die besige N1 wil vermy. Die reis deur die platteland is baie mooi en die paaie van Kaapstad kant af is relatief goed."
"Vir ons 'n heerlike halfweg-oornag, maar sien daar is heelwat aktiwiteite wat dit 'n perfekte vakansie kan maak."
"Wens ons kon nog 'n nag oorbly om Colesberg te kon geniet. Lyk daar is baie oulike eetplekke."
"Daar was nie tyd om die omgewing te ondersoek nie, maar ek is seker dit sal lekker wees om paar dae daar te spandeer, ek is lief vir die Karoo."
"Stil dorpie waar mens net lekker kan ontspan en die Karoostilte en -sterre kan bewonder en geniet."
"Baie potensiaal, maar dit moet nog ontwikkel word. Die dorp word nie goed onderhou nie, maar die mense is vriendelik."