Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2012 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
3875 Eagle"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Walking Tall Private Bush Retreat"Great plek. Kinders voel veilig. Op 'n stap- of fietstog kon jy leeus, olifante, seekoeie en baie ander goed sien. Tuis het die sebras en koedoes en vlakvarke ons vermaak. Ongelukkig was die giraffes by 'n ander partytjie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Hou baie van Marloth Park, daar is reeds honderde toeriste wat die plek ken en gebruik. Dit is veral 'n goeie vertrekpunt na die Krugerwildtuin toe. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Ek stel voor om miskien by die ingang na Marloth Park 'n tipe inligtingsbord op te sit, na wat daar is en al die omliggende besienswaardighede."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
3875 Eagle"Marloth Park is goed geleë as verblyfopsie vir die Wildtuin. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kruger Cottage"Pragtige park met als wat jy nodig mag hê."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Debrico's AmaBush Lodge"Beter kontrole by die hek, enige iemand kan net ingaan. Dit sal verseker dat daar minder inbrake sal voorkom."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serenity Du Bois Lodge"As ek eendag groot is wil ek ook 'n plekkie in die son hê en dit sal Marloth Park wees."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Ons het nog altyd in die Krugerwildtuin tuisgegaan, maar Marloth Park is nou ons toekonstige Bosveld-bestemming."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Jackalberry Ridge - Dream Resorts"Ons kan Marloth Park aanbeveel as 'n toeristebestemming. Ligging is fantasties vir 'n dagbesoek aan die Wildtuin, maar ook beslis die moeite werd vir 'n kuier wat die Wildtuin uitsluit. Baie mooi uitkykpunte oor die Krokodilrivier. Besoek aan Leespruit natuurreservaat was effens teleurstellend. Ons het baie min wild gesien. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Majuli River House"Dit is die plek waar jy wil wees wanneer jy rustigheid en naby die natuuur wil wees."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"Marloth Park is asemrowend, ek het dit terdeë geniet. Definitief 'n familie-bestemming."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Het naast gelegen Lionspruit Park is eigenlijk niet geschikt voor gewone auto's. De paden zijn erg ruw en het is beter om een hogere auto te hebben. Wegens de droogte zijn er veel dieren verplaatst omdat er niet genoeg eten is voor hen."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
3875 Eagle"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
Hectorspruit, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Gecko Cottages"Ons eerste besoek aan Hectorspruit. Mooi natuurlike omgewing met baie landbou-aktiwiteite."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Nextdoor Kruger"A new discovery for me, I will visit again, this time with friends."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Jackalberry Ridge - Dream Resorts"Baie skoon, netjies en goed onderhou."
Hectorspruit, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Sweni Lodge 91 Mjejane Kruger"Die dorp is baie kleiner as waaraan ons gewoond is. Die nodige kruideniersware en brandstof is te kry. Meer as dit het 'n mens nie regtig in die bosveld nodig nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Rustig en mooi met heelwat diere. Lekker stapplek. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Crocodile Kruger Safari Lodge"Bring baie ys en maak gereed vir die hitte. Pragtig!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Lekker omgewing met baie wild. Was lekker om met die fietse te kon ry. Daar kan wel bietjie aandag aan die grondpaaie gegee word. Ek sal weer gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kruger Cottage"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Die ideale wegbreek. So na aan die natuur."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis"Marloth is die beste plek om vakansie te hou."