Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6670 reviews.
"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."
"Ramsgate is naby alle geriewe. In 'n omtrek van 10 kilometer kry jy alles wat jy wil hê."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Ingwenya Lodge"Mooi klein dorpie, maar snags moet 'n mens maar oppas vir die seekoeie."
"Ja beslis elke keer as ons daar vakansie gaan hou het was daar baie mense. Meeste van die woonstelle is vol bespreek maw dit is 'n uitstekende vakansieplek.Daar is ook baie uiteetplekke en baie winkelsentrums."
"Warner Beach is al vir baie jare 'n baie gewilde vakansiebestemming. Daardie hele omgewing is baie gewild met vakansiegangers en "locals". (Ook naby genoeg aan Durban en al die aantreklikhede wat dit bied.)"
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Ocean View Nature Lodge"Dit bied 'n wonderlike natuurervaring - enig in sy soort."
"Interessante dorp met toegewyde self-doen inwoners by wie die reisiger interessante ware kan aankoop en ook van wie 'n mens baie kan leer. Uitstekende aftree- / versorgingsoorde. "
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"Warner Beach was lovely. The beach was great until some "sangomas" came and /buried some dead chickens on the beach. This ruined it just a little for me, we had to make sure we stayed upwind from them. I was also sad to see the swimming pool on the beach with palisade fencing and locked. I grew up in Toti and that area is like home to me, so loved being back there. The little coffee shop at the Checkers centre right there where we had brunch was lovely. The food was great and the lady who served us was great and made us feel right at home. All in all our weekend was great."
"Die koste om strand toe te gaan was buitensporig duur en dit is bietjie ver strand toe."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Thatchings Bed & Breakfast"Min restaurante is saans oop vir aandetes en die wat wel oop is, is lank voor die tyd bespreek. Dit bemoeilik sake as jy nie in 'n selfsorg-eenheid bly nie. "
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Oppi Rotse"Verskriklik lekker om dit te kon sien en na die seekoeie en krokodille te kyk op die Hippo Cruise. Dis regtig 'n baie unieke plek met die mooiste natuurskoon. "
"Ballito is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp met baie uitbreiding vir beleggers. Ek sal ongelukkig nie die strand as swemstrand voorstel nie, as gevolg van al die rotse. "
"'n Voëlkykparadys, digby die Dlinza en ander woude en ±40km as 'n mens by die see (Mtunzini) wil uitkom."