Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6885 resensies.
"Netjiese strand met supertube, nie oorvol mense, oulike dorpie met lekker eetplekke."
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Spionkop Lodge"Die area is baie mooi en beslis 'n moet vir die buitelugliefhebbers."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Mense is baie vriendlik en aangenaam. Sal beslis weer kom. Die strande is baie skoon."
"Lang strand om ver op te kan stap, die mooiste golwe denkbaar. Strande ook mooi skoon. Die lewensredders is streng, so mens kan met veiligheid jou kinders laat swem. Ons was nie een dag verveeld nie. Sou miskien meer geskenkwinkeltjies sommer stapafstand wou gehad het. Dis 'n goed versorgde dorpie en ons was aangenaam verras. Sal weer gaan kuier."
"Underberg is a peaceful little village, close to the mountains for hiking and suited adventure drive to the Sani pass. "
"Amanzimtoti is goed geleë en mooi skoon strande, meeste plekke is binne loopafstand wat baie help."
"Oulike dorpie. Nooit geweet dit is so groot nie. Die besoek aan Bloedrivier was baie insiggewend."
"Pragtige deel van die land wat nog nie deur die meeste toeriste ontdek is nie. Stappers, fietsryers, voëlkykers, roeiers, fotograwe en kunstenaars sal dit baie geniet."
"Umdloti is AWESOME! Love taking the dogs for a quick getaway, easy access to the beach, enjoy awesome walks ... it is magic if you want to unplug & forget reality to tune into nature. Not over commercialised and love the feeling of freedom ... you can walk after dark and still feel safe. Saw young children riding their bikes and walking along the street with no adults in sight ... great to see there are places children can have a normal childhood - which isn't in a walled in estate!"