Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6598 resensies.
"Pennington was 'n baie lekker plekkie ek moet erken. Hulle kan dalk net aan hulle paaie werk. Ons het baie lekker vakansie gehou, behalwe vir al die reën vir die eerste paar dae, maar andersins was dit awesome."
"Dis 'n baie oulike dorpie. Pad van Bulwer af tot daar nie mooi nie, dit lyk maar soos die res van SA se paaie."
"Mooi woongebied, maar vakansiegangers moet na restaurante en ander vermaak ry."
"Sani-Pas tot in Lesotho is 'n emmerskoplysie-item om te doen vanuit Underberg."
"Hulle kan gerus meer aandag daaraan gee om die strande meer gereeld skoon te maak. Ons met menigte male stukkende glasbottels opgetel wat uit die see uitspoel. As 'n ouer van 2 klein kinders sien ek dit as 'n groot gevaar."
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
Hawklee Country House"Wat 'n stukkie hemel op aarde! Almal vriendelik en laat mens welkom voel. My dogter was die Saterdagoggend bietjie olik en die dokter het ons dadelik so vriendelik en professioneel gehelp afgesien van die feit dat dit Paasnaweek was!"
"Ons is mal oor St. Lucia, dit is by vere een van my gunsteling bestemmings in Suid-Afrika!"
"Is al vir jare ons gunsteling vakansieplek. Baie rustig en veilig, die kinders kan rond loop. Strand is nie gepak vol mense nie."
"Lovely destination offering tons of things to do. The Bierfassl Restaurant was amazing and had amazing food. Will definitely be back."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
The Barn Cottage @ Inversanda Farm Cottages"Pragtige omgewing met vriendelike mense en ongelooflike mooi natuur!"
"Baie mooi, net jammer ons kon nie die weer kies nie, maar het nog steeds die Yacht Club geniet. "