Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 987 reviews.
"Volop doen- en kuierdinge. Lekker geleë om Weskus se blomme en wynkelders te besoek."
"I would recommend a lunch at the Weskus Kombuis overlooking the harbour for an authentic experience, plus the grilled hake and calamari was some of the best I've had! Other than that there was not a whole lot of interest in the town, there is a good small Spar for anything you've forgotten and a butchery etc."
"Baie mooi plek om te besoek en te verken, wonderlike restaurante in en om die dorp vir alle vis smaak."
"Lambertsbaai is nie vir besige bytjies nie, dit is waarheen jy gaan om te gaan rus, dalk bietjie te lees. Muisbosskerm is 'n groot trekpleister en ons het heerlik geëet en gekuier saam met die vriendelike mense daar. "
"Het min tyd gehad om in die dorp rond te loop. Dit is meer local mense wat ek kon sien. Mens voel nooit onveilig nie. Die see is baie mooi daar. Lekker stil en rustig. Ek is 'n fotograaf en het gewerk daar, oulike venues in die dorpie. Bosduifklub se kos is uit die boonste rakke. Ook baie gasvry mense daar. "
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"Daar is redelik baie om te doen, baie plekke om te oornag en dis n regte Weskus vissersdorpie. Sal beslis aanbeveel."
"Lambertsbaai het 'n fantastiese koffiewinkeltjie wat die ongelooflikste pasteie en wortelkoek cupcakes bak. Hulle koffie is fantasties. Ons het omtrent daar geboer. Daar is ook heerlike eetplekkies. Die seewater is bietjie koud, maar die brawe mense het wel geswem."
"It was amazing to see the local fishermen come back from their day of fishing and selling their fish at the harbour. We felt save to walk he steers. There is a lot of dogs roaming free, some homeless, some just chilling around with their owners. "
"Enige toeris moet hulself die guns doen en daar gaan inloer. Ons sal beslis weer!"