Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Dit was ons tweede besoek aan Lambertsbaai en ons het weereens die Muisbosskerm toe gekry - wat 'n teleurstelling."
"Baie vriendelike mense. As jy in buiteseisoen gaan is dit rustiger. "
"Die kieskeurige vakansieganger sal beter infrastuktuur verwag. Vir die gemiddelde vakansieganger is Lambertsbaai goed."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Miskien nie vir die jong mense nie. Daar is nie veel om te doen nie, maar as jy will gaan vir ontspanning is dit 100%"
"As jy wil wegkom uit die stad se gewoel en stilte en oop, lieflike strande verkies, is hierdie jou bestemming. Vir ons behoeftes van die naweek was alles voldoende. Ek is wel bekommerd oor die groot hoeveelheid stukkende bottels wat ek opgetel het op die strand, maar besef dat dit maar 'n algemene probleem is by strandplekke."
"My siel kry kos in hierdie stil eenvoudige dorpies. As jy 7 ster-diens en -verblyf soek, doen dit êrens anders. Hier kom jy om te rus en om vis te eet. Muisbosskerm was lekker en die kos is uit die boeke. Ek sal beslis weer kom."
"'n Baie lekker plek om net weg te kom van die stadslawaai. Alles is net perfek soos wat dit is, maar ek sal daarvan hou as die pad tussen Lambertsbaai en Velddrif heetlemal klaar geteer word."
"Pragtige strande, voëleiland, besonders mooi, lekker restaurantjies. Word aanbeveel!"