Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.
"Dis 'n baie still plek. Daar is nie baie om te doen nie behalwe as jy 'n branderplankryer is. Maar ek dink dit sal 'n lekker plek wees as jy met 'n groep vriende gaan om jouself besig te hou. Die strande is pragtig maar dit is vuil. Baie gebreekte glas gesien in die sand, papiere, chips pakke ens. Dis 'n mooi plek, net nie vir almal nie."
"Baie lekker Weskusatmosfeer met vriendelike mense. Lekker eetplekke en als wat jy nodig het naby aan mekaar."
"Die verblyf waar ons gebly het was baie oulik, geen klagtes daaroor. Wat Lambertsbaai betref, ons het nie van die hoeveelheid bedelaars in die dorpie gehou nie. Daar het ook 'n paar verby die verblyf geloop wat uit die aard gebedel het. Dit is onaangenaam, omdat hul ook maklik in die verblyf kan inkyk. Dit is dus 'n steurnis aan jou rus en vrede. Ons het ook nie baie veilig in die dorpie gevoel wanneer ons daar rondgeloop of gery het nie. Ons sal nie weer daarheen gaan vir 'n vakansie nie."
"Die dorp het baie agteruit gegaan en algemene instandhouding soos paaie, straatligte ens. kort bietjie aandag."
"Long open beach to walk on. Weskus Kombuis Resturant a definite stop for a good meal."
"Lambertsbaai is een van die beste toeristebestemmings in ons land. Ek sal definitief gereeld daar vakansie gaan hou en dalk myself daar vestig."
"Die getypoel is ontsettend vuil. Ek het nie kans gesien dat my 3-jarige seuntjie daarin swem nie. As die munisipaliteit net daaraan kan aandag gee. Ek het daar op die slyk geval met my seuntjie en my ligamente die Sondag geskeur."
"Lambertsbaai is 'n tipiese Weskusdorpie met atmosfeer en hartlike mense. Lekker eetplekke."
"Dit was hartseer om by die dorp se ingang op die R364 deur hope vullis gegroet te word. Die vullis word deur die hele omliggende gebied versprei en spoel selfs in die Jakkalsrivier en in die lagoon in."