Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2282 resensies.
"Was baie beïndruk hoe groot die dorp was asook die winkelsentrum was 'n plesier om te besoek."
"Dit is 212 km van Johannesburg suid en 'n bestemming wat ek weer wil beleef. Ek gaan 'n bietjie lees oor Thabazimbi want ek glo die geskiedenis sal ons meer inlig omtrent Thabazimbi."
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Jy het meer as 'n naweek nodig om Magoebaskloof en al sy weggesteekte prag te ontdek en te verken. En onthou om altyd 'n warm dingetjie in te pak, want die weer is baie onvoorspelbaar."
"God het Magoebas geskep vir die natuurliefhebber, dis awesome."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"
"Ons was nog nooit in daardie omgewing nie en was aangenaam verras. Dit is pragtig daar en die mense is baie vriendelik. Ons is voëlkykers en ek dink daar is baie geleenthede vir toerisme en veral voëlkykers. Die Mogolrivier wat so naby is, maak dat daar heelwat voëls is."
"Thabazimbi is besig om te blom met al die verskillende lodges wat opgerig word. Thaba is besig om naam te maak in die toerismebedryf."
"Daar is wonderlike verblyf in die omgewing van Vaalwater beskikbar. Basiese benodigdhede is in die dorp beskikbaar."
"We love Magoebaskloof. Dit bied pragtige voetslaanroetes met 'n tropiese klimaat en lieflike restaurante."
"It depends on what the tourist wants to see. Polokwane is a delightful destination that begs to be explored."