Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2282 resensies.
"Ons was verlede jaar met Paasnaweek daar en nou weer oor Desember, en ek moet sê, die plek is besig om agteruit te gaan."
"Magoebaskloof is 'n belewenis/moet-sien bestemming wat dié wat lief is vir die natuur, stap, 'trail-running', MTB. Stap die Swartbos-staproete op 'n bewolkte dag. Gaan pluk bloubessies by Blueberryheights en geniet hul bloubessie-kaaskoek by die Mountain Cafe, dis 'n absolute moet. Jy het nog nie so iets geproe nie! Proe bier by Zwakala Mikro Brouery en gaan hou piekniek by die Debegeni Waterval."
"Bela -Bela offers a visitor all the necessary requirements for a short holiday i.e shops, banks and restaurants. "
"Grootste plus punt is die afstand tussen Pretoria/Johannesburg en Bela-Bela. Perfek vir 'n vinnige wegbreek al is dit net vir 2 of 3 nagte."
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Baie gerieflik naby geleë en is nie te ver om daarheen te reis vanaf Pretoria nie. Baie netjies en skoon en sekuriteit is baie goed. Het die natuur en stilte baie geniet."
"Vrugtestalletjies langs die pad het heerlike vrugte verkoop. Daar is genoeg winkels om in alle behoeftes te voorsien."
"Tzaneen het baie agteruit gegaan in die laaste tyd. Geen lekker restaurante waar mens kan uiteet nie. Ons gastehuis het opgemaak vir die toestand van die dorp wat ons glad nie geniet het nie. Dankie aan Die Stoep waar ons kon wegkruip gedurende Kersfees."
"Dis wel 'n veel kleiner dorpie as Johannesburg, maar daar is egter heel voldoende winkels en selfs die Modi Mall waar mens jou inkopies kan doen en omtrent alles bekom wat jy nodig het. Om op te som sou ek sê dis 'n oulike dorpie met genoegsame geriewe vir toeriste en vakansiegangers."