Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2290 resensies.
"Magoebaskloof is my gunsteling-bestemming. Die natuur is mooi. die toeriste-aantreklikhede is voldoende om besig te bly indien jy verkies. "
"Sekere gedeeltes is te ver vir ons Mpumalanga mense wat op die hoëveld bly, Middelburg, Witbank, Olifants, Stoffberg is so twee tot 3 & 1/2ure se ry, wat naby genoeg is aan Secunda, Standerton en die TEKS area."
"It is a quiet suburb and was lovely for business stay over as it is central enough but tranquil. "
"Daar is 'n sentrum op die dorp waar mens aankope kan doen indien nodig. Ons het 'n heerlike middagete geniet by 'n plekkie op die rand van Thabazimbi. Daar is ongelukkig nie duidelike bord aanwysings na die restaurant toe nie. As jy die dorp van Brits binne ry, draai links by die vier rigting stop net nadat jy onderdeur 'n brug gery het. Regs by die T-aansluiting en links op teen die koppie. Die restaurant met groot grasperk en koelte sal aan jou regterkant wees."
"Baie vakansieoorde in omgewing van Bela-Bela wat sakpas is en naby genoeg is aan groot stede soos Johannesburg en Pretoria."
"Was baie beïndruk hoe groot die dorp was asook die winkelsentrum was 'n plesier om te besoek."
"Dit is 212 km van Johannesburg suid en 'n bestemming wat ek weer wil beleef. Ek gaan 'n bietjie lees oor Thabazimbi want ek glo die geskiedenis sal ons meer inlig omtrent Thabazimbi."
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Jy het meer as 'n naweek nodig om Magoebaskloof en al sy weggesteekte prag te ontdek en te verken. En onthou om altyd 'n warm dingetjie in te pak, want die weer is baie onvoorspelbaar."
"God het Magoebas geskep vir die natuurliefhebber, dis awesome."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"
"Ons was nog nooit in daardie omgewing nie en was aangenaam verras. Dit is pragtig daar en die mense is baie vriendelik. Ons is voëlkykers en ek dink daar is baie geleenthede vir toerisme en veral voëlkykers. Die Mogolrivier wat so naby is, maak dat daar heelwat voëls is."
"Thabazimbi is besig om te blom met al die verskillende lodges wat opgerig word. Thaba is besig om naam te maak in die toerismebedryf."
"Daar is wonderlike verblyf in die omgewing van Vaalwater beskikbar. Basiese benodigdhede is in die dorp beskikbaar."