Geverifieerde Resensie
Lowveld
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lowveld bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 236 resensies.
"Goeie ligging, aangename klimaat. Oor-besig na 16:00, verkeer én mense."
"Baie mense gaan in Phalaborwa tuis en omdat dit teen die wildtuin grens is dit ideaal vir dagbesoeke aan die Wildtuin. Daar is ook heelwat te sien in die omgewing."
"Ek weet nie eintlik nie, want my bestemming was Shingwedzi in Kruger. Wat ek wel kan sê is dat die Pick 'n Pay baie goed geleë is en dat ek al my inkopies vir 11 dae in die wildtuin daar kon doen. Die bestuur daar was vriendelik en het my gehelp om verskeie items op die rakke te vind. Ek het in daardie sentrum veilig gevoel, ook in die parkeerarea. "
"Daar is 'n whisky stokery wat baie oulik is. Jy kan bespreek vir 'n toer deur die plek."
"Die dorp het redelik verval, ken Phalaborwa al jare en ry so elke 3 tot 5 jaar daardeur en elke keer gaan die dorp al meer agteruit. Wat 'n jammerte dit kan 'n pragtige dorp wees."
"Ons was te kort daar om werklik sinvolle kommentaar te kan lewer oor die dorp."