Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3706 resensies.
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."
"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."
"'n Pragtige dorpie, ideaal vir 'n kort naweek weg van die stad. Heerlike kuier plekkies en interessante winkeltjies. Clarens Brouerye 'n moet. "
"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."
"Baie interessante dorp. Ons sou graag meer wou sien, maar omdat ons laat die middag op Clarens aangekom het was baie van die winkeltjies en retaurante reeds toe."
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "