Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Oranje Guest Farm"Goed geleë, interessante snuisterye-winkels en restaurant. 'n Juweel in die herfstyd vir fotografie, pragtige omgewing."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Highland Quarters"Pragtige natuurskoon met baie interessante winkels en dinge om te doen. Ek kan 'n kort opvoedkundige besoekie aan die Ash River Outfall aanbeveel. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Sou nogal meer self-gemaakte, gekeurde kunsitems wou sien."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"Sou so graag wou sien dat daar gekyk moet word na die opknapping van die begraafplaas in die dorp. Daar lê 'n ryk geskiedenis in verwaarlosing."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rosewood Corner"Fantastic destination, had an awesome time there. We also stayed at Sediba Lodge which was a great place. Matt was also a fantastic host will be back. Enjoyed the shops and spent lots of money buying beautiful things. My favourite shop was the candle shop and Clarens Rocks. Very peaceful and tranquil place to go on holiday. People are very friendly and helpful."
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Lusthof Guest Farm"Clarens is 'n kuierdorpie. Baie winkels is interessant om na te kyk en 'n mens kry gewoonlik nie tyd om so te kuier in 'n dorp op 'n gewone naweek by die huis nie. Daar is ook 'n paar stalletjies langs die pad wat ons geniet het. Golden Gate was ook fantasties om weer te sien."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Larola Terraces"Die Sondagoggend-kerkdiens om 6:15 was die hoogtepunt oor die Paasnaweek. Ons het tuis gevoel tussen al die vriendelike mense en tee en hot cross buns na die diens geniet. Baie dankie aan al Clarens se mense wat dit spesiaal gemaak het."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Accommodation @ The Spa"Clarens is 'n wonderlike plek om te gaan vir 'n langnaweek. Die mooi natuur en rustigheid doen die siel goed. Dit is een van my en my man se gunsteling-bestemmings."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Sandstone Chameleon Guest House"Die diens by al die eetplekke in Fouriesburg was uitstekend. Kan nie dieselfde sê van Clarens!"
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Twin Towers @ Fairview Estates"Fouriesburg is klein, maar ons het die padstalle baie geniet. Dit is naby genoeg om vir die dag Clarens toe te ry en ons het Clarens baie geniet. Brandstof mag dalk 'n probleem wees op Fouriesburg en Clarens (as jou motor 95 benodig) dan sal jy eers weer op Bethlehem of Ficksburg kan kry."
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Courtyard Guest House"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Pragtige dorpie. Sou nog langer wou bly! Ideale plek vir 'n romantiese wegbreek!"
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Sandstone Chameleon Guest House"Dorpie was 'n verrassing. Netjies en skoon. So baie plattelandse dorpies lyk deesdae onversorg en gee die idee van agteruitgang. Fouriesburg was die teendeel."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Cottage Pie"Ons vierde besoek aan Clarens en steeds 'n aangename bestemming."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rosewood Corner"Love the natural beauty of the area. Clarens is a must for folk who like to shop in quaint little shops. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Ideale plek om te kom uitspan. Lekkerste eetplekke en baie koopplekke. Die omgewing en natuurskoon is onbeskryflik."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Pragtige dorpie, rustig en alles wat jou laat vergeet van al die stres by jou werk."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Clarens is 'n pragtige plek met baie om te sien en baie plekke om te eet en kuier. Sal wragtig weer gaan."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
Die Kersiehuis"Blykbaar net een restaurant in Ficksburg, goeie waarde vir geld gekry, dankie. "
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Arpa Guest and Trout Farm"We loved the little town, it is very relaxing and friendly people."
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artiekels aankoop. Oulike resturante, veral die heerlike wafels, pannekoeke en melkskommels!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Courtyard Guest House"Dit was ons 4de besoek en daar was elke keer iets nuuts te sien!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Wens net ek het meer geld gehad om uit te gee op al die mooi goete wat my ogies gesien het. Dit is 'n wonderlike plek met al die nodige fasiliteite."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Mooi natuur maar vind die winkels baie duur."
Clarens, Maloti Route, South Africa
RiverWalk Guest House"Pragtige dorpie met die lekkerste snuffelwinkels. Het 'n plaasgevoel ervaar met al die windpompe en kuierplekkies daar."
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Gables"Beerfest weekend is awesome, but appreciating Clarens needs no other distractions."