Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3708 resensies.
"Gaan op Gideon Groenewald se dinosaurus -oer, baie lekker daguitstappie. My seuntjie het dit amper so baie geniet soos ek. Lekker staproetes orals. Lekker boerebrekvis by die Artist Cafe."
"Stappers, doen die 10 km-sirkelroete by Glen Reenen kamp. The Highlander Restaurant stel nooit teleur nie."
"Hulle is besig om die dorp op te knap, maar dit is baie klein en daar gaan eintlik niks aan nie. Daar is 'n paar oulike eetplekke. "
"Baie goeie rustige alternatief vir Clarens. Nog 'n regte plaas-atmosfeer. "
"Ons kan met vrymoedigheid Clarens Xtreme aanbeveel! Van Elvis tot Paul het ons die mees uitmuntende diens ontvang en het hulle vir ons 'n onvergeetlike ervaring gegee!"
"As jy na rustigheid soek, is Clarens die ideale plek om te besoek. Alle plekke is stapafstaand vanaf mekaar met uitstekende "views"."
"Dis die mees fantastiese dorp, pragtige winkeltjies en restaurante. Warm, vriendelike atmosfeer. Asemrowende uitsig oor die berg en heuwels."
"Die winkels is nie meer soos dit altyd was nie, vermoed met die Covid het baie eienaars deurgeloop. Restaurante was heerlik en sal aanbeveel vir heerlike , rustige wegbreek van die gejaag van lewe."
"There are a lot of restaurants and cute little shops to visit. The area is lovely. They just need a proper supermarket to buy necessities."
"Clarens is een van ons gunsteling wegbreekdorpies. Al die winkels en restaurante is dierevriendelik wat 'n groot bonus is. Ons kan nie wag vir ons volgende kuier nie."
"This was our first time visiting Clarens. It was all I expected it to be and more. Would definitely recommend it to anyone that has never been there."
"Die onderdorp met die stadion is net raserig, veral vroegaand. Daarom is dit seker baie belangrik om die ligging van jou verblyf perfek te kies."
"Baie mooi, rusigte dorpie. Voel baie naby aan die natuur. Jy kan alles basies kry daar. Baie lekker kase, vir kaasliefhebbers. Atmosfeer voer jou terug na vervloeë dae."
"Die nasionale park is verlate - geen beheer oor wie ingaan en uitgaan nie. Dit het ons baie onveilig laat voel. Clarens is fantasties soos ons verwag het."