Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3646 reviews.
"Ons was nie binne die dorp nie, maar die omgewing is pragtig. Net jamer die paaie is so sleg in die imgewing. "
"Fouriesburg is 'n fantastiese vakansieplek vir mense wat aktief is, daar is baie stap roetes en aktiwiteite om te doen. Daar is ook 2 lekker restaurante wat oop is van oggend tot aand."
"Goeie restaurante. Baie klein dorpie, nie alles is altyd oop nie. Gebruik Betlehem (naby) vir inkopies."
"Ek was in en uit die dorp, maar dit lyk pragtig en skoon en heelwat moderne eet- en koffieplekke."
"Ek's mal oor Clarens en probeer om ten minste een keer 'n jaar soontoe te gaan."
"Daar is basies niks om te doen en die dorp self is vervalle. As jy dringend noodsaaklikhede benodig sal jy na Clarens of Bethlehem moet ry."
"Baie lekker. Net baie besig. Verkies stil en privaat, maar omgewing pragtig en mense baie vriendelik."
"Die heerlikste restuarante beskikbaar, bespreek asb. vroegtydig om plek te verseker."
"Clarens het 'n heerlike atmosfeer wat 'n mens nêrens anders kry nie, ons het dit weereens na ons vierde besoek ervaar! Ons geniet dit elke keer om deur elke gallery en winkeltjie te snuffel. Dan sommer net die berge in te vaar in die Golden Gate Reservaat wat met elke seisoen 'n belewenis van sy eie is!"
"Die paaie soontoe via Villiers Frankfort is 'n nagmerrie. Sal Heilbronpad aanbeveel."
"Pragtige landskap en baie mooi gastehuise in omgewing. Baie om te doen, sonder om te ver te ry!"