Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3699 reviews.
"We love the tranquillity of the place. Just needs a proper butcher and supermarket."
"Dit is 'n baie rustige en veilige dorpie om te kom ontspan en van die woelige stadslewe weg te kom. Daar is ook baie interessante winkeltjies om te besoek en heerlike restaurante om by te eet."
"Clarens is a lovely little town and full of art galleries and wonderful mountains and hiking trails."
"Lieflike omgewing en oor die algemeen vriendelike, toeristegerigte mense. Daar is so een of twee besighede, soos The Purple Onion en Biltong & Braai, wat hul hele jaar se omset uit een kliënt wil maak, maar die plekke wat toeriste wil uitbuit sal my beslis nie weer sien nie. Verder is Clarens baie aangenaam."
"Pragtige dorp. Warmerig deur die dag, koel in die aand. So maak maar voorsiening vir beide seisoene."
"Clarens is 'n pragtige dorp. As jy rus vir jou siel wil kry - dan is dit die plek om te besoek. Mens moet ten minste 1 maal in jou lewe daar gaan oorbly. Golden Gate is naby. Dit moet die mooiste plek in ons land wees."
"Soveel om te doen en te sien in Clarens. Altyd nog iets om te ontdek in die pragtige omgewing."
"Enigeen wat dit nie besoek nie, mis oneindig baie en hulle plaaslike bier is uitstekend. Baie om te doen en te sien en die inwoners baie hartlik en vriendelik."
"Clarens used to be a really lovely place to visit. Unfortunately for me, as a South African, I found it to be very overpriced. I still really enjoyed the weekend, but after one morning of browsing the shops, we never went back. However, we went to one of your local restaurants, the German one, Roter Hahn, it was stunning, great food, a brilliant menu and realistically priced."
"As mens van Pretoria af ry, moet jy die pad verby Warden en verby Bethlehem ry. Die Reitz pad is meer as 'n nagmerrie en ek dink eienaars van gaste-akkommodasie in Clarens behoort hul voornemende gaste daarteen te waarsku, dit sal baie ongerief en vervoerprobleme uitskakel. Die dorpie is baie stil ná 16:00 weeksdae a.g.v. min toeriste maar oor naweke is dit so besig soos 'n byenes. Die dorp is skoon en pragtig groen, maar van die paaie is in 'n patetiese toestand; selfs dié om die vierkant in die kern van die dorp kon 5 jaar gelede gedoen het met 'n totale oordoen."
"Pragtige omgewing en 'n mooi dorp, maar te veel "Chinees" en te min "Vervaardig in RSA"."