Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Clarens is so klein stukke paradys in ons land. Dit moet op ieder en elk se emmerskoplys wees om Clarens te besoek!"
"Ons sal beslis Clarens weer besoek, ek sal nooit Cottage Pie aanbeveel vir enige iemand wat ek ken nie!"
"Gorgeous. Great vibe. If you want to breathe deeply and really escape, this is a great place."
"Ry gerus die entjie uit Clarens om die absolute prag van die Golden Gate reservaat te sien en te beleef."
"Is 'n heerlike wegbreek met oulike winkels en eetplekke omring deur pragtige berge! Die bier/gin plek in die hoofstraat is 'n definitiewe móét en net so die Roter Haan restaurant in die straat net agter! Duitse kos uit die boonste rakke!"
"Ladybrand is nou 'n vuil verwaarloosde dorp waarvan die strate vol slaggate is, en die geboue verniel en afgeleef. Eintlik ongelooflik dat die stadsraad personeel elke dag deur die dorp ry, en net tevrede is met die verval van die dorp. Die woord wat toeriste in die restaurant gebruik het was shocking. Dis 'n jammerte."
"Maak gerus 'n draai by Heather van Afriski vir enige toere wat jy in die omgewing wil aanpak, vanaf Clarens na Lesotho en vele meer."
"Natuur is pragtig. Paaie is gevaarlik en baie sleg. Besienswaardighede is maar min."
"Clarens is 'n pratige klein dorpie. Dis lekker om net jou voertuig te parkeer en die dorp plat te loop, baie vriendelike mense daar, lekker kos en die oulikste winkels. Daar is definitief 'n ietsie vir almal en dan nog ook die mark op Saterdae, ongelooflik!"
"Ons is baie lief vir hierdie dorpie en gaan kuier baie graag gereeld daar as ons bietjie afskakel tyd van die stad nodig het."