Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3699 reviews.
"Ladybrand is nou 'n vuil verwaarloosde dorp waarvan die strate vol slaggate is, en die geboue verniel en afgeleef. Eintlik ongelooflik dat die stadsraad personeel elke dag deur die dorp ry, en net tevrede is met die verval van die dorp. Die woord wat toeriste in die restaurant gebruik het was shocking. Dis 'n jammerte."
"Maak gerus 'n draai by Heather van Afriski vir enige toere wat jy in die omgewing wil aanpak, vanaf Clarens na Lesotho en vele meer."
"Natuur is pragtig. Paaie is gevaarlik en baie sleg. Besienswaardighede is maar min."
"Clarens is 'n pratige klein dorpie. Dis lekker om net jou voertuig te parkeer en die dorp plat te loop, baie vriendelike mense daar, lekker kos en die oulikste winkels. Daar is definitief 'n ietsie vir almal en dan nog ook die mark op Saterdae, ongelooflik!"
"Ons is baie lief vir hierdie dorpie en gaan kuier baie graag gereeld daar as ons bietjie afskakel tyd van die stad nodig het."
"Baie oulike dorpie, het dit baie geniet, omgewing ook pragtig. Ons kom van die Laeveld af, maar dit was vir ons 'n anderste mooi gewees. Daar is dalk 'n tekort aan iets vir die manne om te doen."
"The view of the terrains were breathtaking.we also got to visit the town. And the 9 min drive to the Lesotho border. It's a very peaceful and calm place that my family and I enjoyed thoroughly."
"Dit is werklik 'n pragtige dorpie. Die strate kan bietjie aandag geniet. Hiermee bedoel ek dit kan dalk geskraap word."
"Beeldskone omgewing, baie lekker kos en kuier plekkies. Te veel mooi goed om na te kyk en te koop. Mal daaroor."
"Lovely weekend destination, picturesque little town with lots to do and see. "
"Baie skoon en het verskriklike lekker koffie. Beste eetplek is Clementines."
"Die dorpie is vervalle en nie skoon nie, maar die uitsig is pragtig."