Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3695 resensies.
"Fouriesburg is 'n juweel in die platteland. Ek sal beslis weer kom kuier, hierdie keer net bietjie langer."
"Ek sal nooit genoeg van Clarence kry nie. Die dorpie het 'n charisma en bied soveel dat jy eintlik nie korter as 'n week daar moet deurbring nie."
"Dis 'n klein drop, baie rustig en was lekker om net weg te kom van die Johannesburg-stad om te ontspan."
"Vitos Restaurant was wonderlik. Die kos was baie lekker en die diens uitstekend. Die pryse vir die kos was regtig die moeite werd! Ons het beslis nie honger gely nie."
"Clarens is so klein stukke paradys in ons land. Dit moet op ieder en elk se emmerskoplys wees om Clarens te besoek!"
"Ons sal beslis Clarens weer besoek, ek sal nooit Cottage Pie aanbeveel vir enige iemand wat ek ken nie!"
"Gorgeous. Great vibe. If you want to breathe deeply and really escape, this is a great place."
"Ry gerus die entjie uit Clarens om die absolute prag van die Golden Gate reservaat te sien en te beleef."
"Is 'n heerlike wegbreek met oulike winkels en eetplekke omring deur pragtige berge! Die bier/gin plek in die hoofstraat is 'n definitiewe móét en net so die Roter Haan restaurant in die straat net agter! Duitse kos uit die boonste rakke!"
"Ladybrand is nou 'n vuil verwaarloosde dorp waarvan die strate vol slaggate is, en die geboue verniel en afgeleef. Eintlik ongelooflik dat die stadsraad personeel elke dag deur die dorp ry, en net tevrede is met die verval van die dorp. Die woord wat toeriste in die restaurant gebruik het was shocking. Dis 'n jammerte."