Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Die rustigheid en berge van Clarens is kos vir jou siel! Dit is eintlik so naby aan Bloemfontein, mens moet meer 'n tydjie maak om daarheen weg te breek."
"Baie lekker met vriendelike inwoners. Uiters geskik vir toeriste wat die natuur wil verken en die omgewing sal waardeer."
"Baie aangenaam. Stel voor hulle moet pad om middel blok 'n one way maak. Voertuie kan nie albei rigtings ry nie, te min spasie."
"Ons love Clarens, absoluut 'n pragtige dorpie en sal baie langer daar wil kuier as net 'n naweek."
"'n Mens voel veilig en ontspanne in die mooie Clarens met sy talle inloerplekke en eetplekke te kies en te keur. Dan is Golden Gate ook net om die draai. "
"Definitief 'n dorpie wat sommer vinnig in jou hart inkruip, met al sy klein winkeltjies en sy natuurskoon."
"Baie lekker dorpie om te besoek, met baie om te doen. Dit is ongelukkig net die paaie daarheen wat hard is op die bande, en kan veroorsaak dat mens nie te gretig is om weer die reis aan te pak nie. Veral die pad vanaf Viljoenskroon tot Steynsrus is baie erg, en ook die stukkie waar jy afdraai na Ventersburg tot in Welkom. Maak nie saak watse pad jy ry nie, hulle bly maar gevaarlik en maak die reis na Clarens bietjie stresvol. Maar dit is die regering se probleem, en nie Clarens sin nie. Dit kan egter die toerisme daarheen affekteer indien dit nie reggestel word nie."
"Dit was ons eerste keer en Clarens was awesome en sien ons definitief weer en weer."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie met 'n heerlike atmosfeer, oulike winkeltjies, lekker eetplekke en 'n mooi gholfbaan. Dis net 'n klipgooi weg van Lesotho sou 'n mens oorweeg om Lesotho ook te besoek."
"Lovely village with very interesting little shops and plenty of art galleries!"
"Geniet Clarens met elke besoek, maar moet sê Rooikat Cottage het dit hierdie keer nog baie meer aangenaam gemaak."
"Clarens is een van die mooiste dorpies en 'n moet vir enige iemand se wenslys, om ten minste een keer te besoek."
"Clarens is good for a weekend visit or painting holiday, as the views are absolutely stunning. Not sure about a longer stay as it is a very small town and apart from outdoor sporting activities, does not offer much more. The shops are rather expensive and much of what is on offer is available in the City at much cheaper prices. I would be lovely to see art exhibitions on the square by local and other artists over weekends which they can sell to the public without a middle man. "
"Beautiful town, even the township was interesting and seemed to be without high order crime."
"Ek het veral die Bibliophile baie geniet en natuurlik die restaurante bied uitstekende kos vir die honger toeris."
"Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence."
"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "