Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Mooi dorpie met baie plekkies om deur te loop. Jy kan meestal loop na waar jy wil wees. Die kaas winkel en brouery moet mens by stop. Al negatiewe ding wat ons beleef het, is dat daar 'n paar onverskillige bestuurders in die dorp is. Ons moes op 'n stadium uit die pad koes om nie raak gery te word nie. Baie onnodig."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Dit is 'n interessante plekkie met baie om te doen en sien en veral eet. Het dit baie geniet en veral die feit dat dit nie gekommersialiseer is deur bv. kettingwinkels nie. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Beautiful place for weekend gateway with your loved ones. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou."
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Nelsbells Cottage"Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Golden View Luxury Self-Catering"Duur vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, ons wil graag lekker ons land besoek en geniet, maar word meeste van die tyd uitgebyt. Veral pensionarisse wat dit moeilik vind, en tog ook ons mooi land wil geniet."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Goeie ontspanning en besonderse natuurskoon omgewing."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Asemrowend en lekker baie om te doen. Puik restaurante!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Baie nice kuier- en eetplekke. Berge is pragtig. "
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
Imperani Guest House"Na aan die Lesotho grens en pragtige natuurskoon. Baie mooi deel van die land. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Lake Clarens Guest House"Ons besoek Clarens gereeld omdat dit iets anders bied. Daar is geen ketting winkels nie, dit verander heeltyd, dit het lekker eetplekke en 'n vakansieatmosfeer. Daar is baie blyplek en die omgewing is asemrowend."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"An amazing place with so many hidden gems. The perfect location to escape the city. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Enigste kommentaar oor Clarens is dat dit harseer is dat ons nie daar bly nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Amber Selfsorg"Wat 'n netjiese dorpie. Dit was opvallend dat almal se grasperke so pragtig gesny was, en die tuine oor die algemeen goed versorg. Ons het bietjie rondgery en was verbaas oor hoe groot dit eintlik is, en die besondere mooi huise in veral die nuwe gedeelte. Het verskriklik lekker kon eet in die restaurante, en almal was vriendelik en hulpvaardig. Was baie bly om die kennisgewingbord raak te lees op die pad vanaf Bethlehem - dat ons welkom is om Afrikaans te praat in Clarens!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
La Bri"Asemrowend mooi natuur, stil en rustig, lekker kos en vriendelike mense. Altyd 'n wenner om 'n lekker rustige breek by te neem."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"Stil dorpie. Vriendelike mense. Die Kersiefees in November is dalk die ideale tyd vir toeriste."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Collett House"A lot of nice shops, bars and restaurants. Nice atmosphere in the little town."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Pragtige, skoon en netjiese dorpie met ongelooflike restaurante en die uitsig is "to die for"."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Die geraas vanuit die township in die aand maak inbreuk op die rustigheid van die pragtige dorp."