Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Wat 'n netjiese dorpie. Dit was opvallend dat almal se grasperke so pragtig gesny was, en die tuine oor die algemeen goed versorg. Ons het bietjie rondgery en was verbaas oor hoe groot dit eintlik is, en die besondere mooi huise in veral die nuwe gedeelte. Het verskriklik lekker kon eet in die restaurante, en almal was vriendelik en hulpvaardig. Was baie bly om die kennisgewingbord raak te lees op die pad vanaf Bethlehem - dat ons welkom is om Afrikaans te praat in Clarens!"
"Asemrowend mooi natuur, stil en rustig, lekker kos en vriendelike mense. Altyd 'n wenner om 'n lekker rustige breek by te neem."
"Stil dorpie. Vriendelike mense. Die Kersiefees in November is dalk die ideale tyd vir toeriste."
"Pragtige, skoon en netjiese dorpie met ongelooflike restaurante en die uitsig is "to die for"."
"Die geraas vanuit die township in die aand maak inbreuk op die rustigheid van die pragtige dorp."
"Absoluut uniek! Geen groot kettingwinkels en malls daar nie, wat goed is. Die natuurskoon is asemrowend. Baie unieke gemeenskap met baie kunstenaars en alternatiewe tipe winkels. Pryse van items kan redelik duur wees, maar daar is winskopies wat uitgesnuffel kan word! Redelik naby Lesotho, Golden Gate en ander besienswaardighede. Ek sal sonder huiwering teruggaan soontoe!"
"Clarens is 'n oornagstop. Baie mooi om in en uit te ry en 'n aand oor te slaap."
"Daar het nie veel verander oor die afgelope jare nie, en soms is dit goed, maar anders kan dit voordelig wees om te verander of uit te brei om nuwe besoekers te lok."
"Oujaarsaand 2016 se nag was 'n ontstellende belewenis. Bomklappers het heelnag deur geskiet, wat geklink het soos bomme wat ontplof. Daarom het ons dit hierdie jaar vermy en eers die eerste Januarie 2018 ingeboek. Dit was baie rustig, dalk het hulle die probleem hanteer. "
"All the restaurants are top notch. Clementine, Friends, the Highlander, Roter Hahn, Mosaic Pizzeria are all a great for families with kids. The views from anywhere in Clarens is postcard worthy. "
"Bly langer! Daar is net te veel om te sien. Kies jou eetplekke versigtig - sommiges is net nie op standaard nie."
"Het net een supermark en hy is buitensporig duur. Clarens is pragtig en sal weer teruggaan om te kuier."
"The town need to invest in a water/entertainment park, where tourists can spend their summer days there. "
"Was uiters verras met hierdie pragtige klein dorpie en al sy winkels en dinge om te doen."
"Clarens is so rustig en daar is so baie om te sien. Ons was verlede jaar drie keer daar en beplan om weer te gaan."
"Baie goed. Meer aandag aan rolstoelvriendelike sypaadjies en ingange na winkels is beslis nodig."
"Pragtige natuurskoon omring die dorpie. Clarens se dorpsgebied was netjies en skoon. Munisipale instandhouding was sigbaar, dankie daarvoor. Interessante winkeltjies wat beslis nie die gewone tipe curios te koop aanbied nie."