Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1901 reviews.
"As jy werklik wil rus, met die natuur net by jou voordeur, is Marloth die plek vir jou!"
"Pragtige, rustige omgewing. Baie goeie waarde vir geld. Genoeg diere besoekers en naggeluide uitstekend! "
"Some roads are in a very bad condition, not every visitor to Marloth Park has a vehicle capable of handling those conditions. It would be a good idea to bring it to the potential visitors attention before they commit themselves to booking accommodation."
"Dit was ons eerste keer daar en as ons weer in die area kom sal ons vir seker weer daar bly, ons het dit as baie veilig ervaar en dis by die wildtuin so jy kry regtig 'n gevoel van die wild. Ons het ook olifante gesien toe ons langs die rivier by 'n restaurant geëet het, wat nogal spesiaal was."
"Baie rustige plek, goeie alternatief om vakansie te gaan hou as die wildtuin te besig is. Ek sal weer Marloth Park toe gaan."
"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "
"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
"Hemel op aarde. Wens net die mense wil nie so vinnig ry in Seekoeistraat. Kinders het ook die supertubes baie geniet by the Bush center."
"Het al menigmaal Marlothpark besoek en het al verskeie huise gehuur en dit is vir ons heerlik om Marlothpark toe te gaan en die handewerk van ons skepper naamlik die natuur en die diere, asook die rustigheid in te drink en net weer tot verhaal te kom na die gejaag in die stad."
"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."