Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1901 resensies.
"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
"Maak asb. net seker dat daar nie te veel huise in Marloth Park gebou word nie. Dit voel of daar te veel huise gebou word en daarmeesaam die bos-gevoel verminder."
"Marloth is ‘n rustige, bestemming in die bos waar wild op jou stoep kom kuier!"
"Best of both good restaurants and food and also convenience stores as well as being in the bush."
"Het baie lekker gebly. Baie mooi area tussen die bome en jy sien wild ook soos jy deur die park ry."
"Ons geniet Marloth Park vreeslik en dit is altyd lekker om terug te gaan."
"Marloth Park is 'n baie lekker plek om jou familie heen te vat. Diere kom eet uit jou hand. As jy in Des/Jan gaan maak seker jou bespreek 'n plek met lugversorging en 'n swembad."
"Nog altyd 'n groot gunsteling vir ons om te besoek omdat dit die geleentheid bied om ook deel van die Kruger se wild te sien uit jou eie omgewing."
"Die park is netjies, die diere is goed versorg en baie gemaklik. Elke dag was 'n nuwe ervaring."
"Baie wild gesien. Marloth bied baie vir mense wat wild wil besigtig en die wildtuin wil besoek."
"Sal goed wees as hul bietjie aandag kan gee aan die grond paaie, veral Pofadderstraat. As mens 'n klein kar het sal mens maklik jou kar daar seer maak en van die paaie se naam borde is weg."
"Aangename vakansie bestemming met 'n wonderlike geleentheid om n paar wildsoorte van naby te kan beskou."
"Baie rustig en lekker, bosveld area en regtig 'n aanbeveling vir almal."
"Marloth Park was nog elke keer vir ons 'n aangename ervaring. Baie wild kan gesien word, self in die privaatheid van jou eie akkommodasie."