Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Die hout uitspattig duur, winkels duur. Lionspruit is nie die ingangsfooi werd nie, meeste van die paaie baie sleg. Komatipoort is selfs goedkoper. Marloth is toeganklik en besoekersvriendelik. Uitkykpunte goed versorg en strategies geleë."
"Heerlike lekker ontspanne wegbreek, met die voorreg om ons diereryk op jou agterstoep te besigtig. Kan nie wag om Marloth Park weer te besoek nie."
"Ek sal hierdie plek vir enige persoon aanbeveel, wat graag 'n rustige vakansie in die bosveld wil hë. Daar was nie een sekonde wat ons verveeld was of dit nie geniet het nie. Ek het in my lewe nog nooit so welkom by 'n vakansieplek gevoel nie. Ons wou nie eers teruggaan huis toe nie. Vir die wat graag rustigheid soek, dit is die plek vir jou. Ons gaan nou sommer twee keer per jaar soontoe so lekker is dit. "
"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."
"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."
"Dis 'n heerlike vakansieplek en ons as familie het baie herinneringe daar. Dit is besig om baie uit te brei en al hoe meer huise maak dat die bos-gevoel 'n bietjie begin kwyn, maar daar is nog baie wild en die feit dat die Kruger Wildtuin direk langsaan is en mens ure lank kan sit en uitkyk oor die Krokodilrivier en lekker ver kan gaan stap, maak dit absoluut die moeite werd."
"Wonderlike stukkie aarde in ons land! Sal enige tyd so 'n stukkie aarde my eie wil maak."
"They do scare you a bit with their safety briefing but we felt perfectly safe and was nice to know that security was driving around."
"Marloth bly altyd 'n wenner as jy lief is vir die Laeveld se fauna en flora."
"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."
"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."
"Dit was 'n besige langnaweek en ons het baie lank tougestaan by die wildtuin se hekke. Wenk nr.1 vir voornemende besoekers oor langnaweke en skoolvakansies is om vooraf besprekings te maak vir dagbesoeke aan wildtuin. Dit kan op SANparke se webruimte gedoen word."
"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."
"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."
"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."