Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 506 reviews.
"Pragtige dorpie. Kon nie glo hoe mooi die ou huisies in stand gehou word. Skoon en veilig om te stap in die aande. Omring deur berge en mooiste natuur. Lekkerste skaaptjops by Misty Tin!"
"Montagu se Suid-Afrikaanse Polisie diens is puik. 100 sterre vir hulle."
"Mooi dorp baie pm te doen. Grondpaaie in die omgewing is baie pret met die motorfietse."
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
"Pragtige dorpie, die museum in die hoofstraat in die ou kerk is 'n besoek werd. Veral as jy nostalgies is oor toentertyd se dinge!"
"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."
"A beautiful town with stunning scenery and many opportunities for hiking."