Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 506 reviews.
"Montagu is uit en uit een van die beste plekke vir besoekers. Outydse geboue, museums, klein markie, en so meer."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."
"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."
"The views and accessibility to shops, banks, etc. is very convenient. Perfectly located."
"Pragtige dorp met oulike winkeltjies en lekker kuierhoekies. Maak nie saak hoe 'n mens se reisplanne lyk nie, dit moet 'n stop vir 'n nag of vier in Montagu insluit."
"Montagu is 'n pragtige dorp om in vakansie te hou en daar is baie te sien en doen in die dorp en omgewing. Ons sal beslis terugkom."
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"