Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6062 reviews.
"Amazing River view restaurant is 'n groot moet op almal se lys wanneer Marloth Park besoek word."
"Besoek gerus African Elephant restaurant. Beste kliëntediens wat ek in 'n lang tyd ontvang het. Die kos was heerlik!"
"Nie baie tyd gehad om rond te loop nie, maar dit wat ons gesien het was baie mooi."
"Jammer dat die aantal huise wat gebou mag word nie beperk is nie, mag dalk later die diere in die omgewing negatief beïnvloed."
"Moet 'n fooi by die hek vra om in te gaan dan sal daar minder misdaad wees. "
"Dis 'n lekker oornag plek op pad Kruger Wildtuin toe of vir 'n paar dae om die omgewing te verken."
"Ek is 'n vlieghengelaar en besoek Dullstroom ten minste twee keer per jaar, meestal by Millstream en Dunkeld, maar ook by ander vlieghengel oorde via Holiday Club."
"Very underrated destination for the park and surrounds, good value for money with excellent privacy from the crowds."
"Baie mooi! Jy kan regtig vir 'n "African Safari outing" daar gaan bly. Diere is baie mak. Bosbokkies en koedoes eet uit jou hand. Grens aan die Krugerwildtuin. So jy kan van die diere ook sien wat in die Wildtuin rondloop. Dit was een van ons beste vakansie! "
"Interessante plek met die oulikste restaurante en redelik naby ander toeriste aantreklikhede."
"'n Juweel van 'n plekkie in die berg met die mooiste natuurskoon en rus en vrede. Nie so kommersieel soos die baie ander klein plekkies nie."
"Very impressed, although small, the amount of various attractions available to the tourist. An overnight must if passing through. "
"Die diens by van die eetplekke in Marloth is maar redelik swak. Die Watergat is lekker sentraal geleë en het 'n swembad vir mense om te gebruik teen 'n fooi, maar die diens van die kelners kan verbeter. Daar is wel nou 'n waterpark met glybane wat die kinders veral geniet. Mens kan daar braai en kuier vir die dag. Daar is ook ander eetplekke wat ek eerder sal aan beveel. By Aamazing River View is die diens bietjie beter, maar mens kry darem ekstra voordeel met 'n 'view' oor die rivier - die plek is by Henk van Rooyen karavaan park in Marloth. Nog 'n eetplek is Phumula Kruger Lodge wat 'n lekker restaurant bied met goeie kos. "