Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"'n Heerlike, goed georganiseerde dorpie wat al die baie besoekers besonders goed hanteer. Soms wag 'n mens bietjie lank vir diens, maar gesien aan die aantal besoekers, doen hulle baie goed. Skoon, mooi, goed versorg - net lekker."
"Tipiese toeristebestemming, maar aangenaam. Birds of Prey 'n moet. Daar is ook nou 'n lieflike koffiewinkel en bekostigbaar. Moet dit nie mis nie."
"Pragtige dorpie en die mense is baie vriendelik. Sal beslis weer daar gaan kuier. Het dit baie geniet."
"Slaap net oor en maak gebruik van 'n Wimpy vir wegneemetes. Dis onbekend met res van dorp."
"Baie lekker, rustige wegbreekdorpie. Kon nie kies tussen al die eetplekkies nie, maar was by meeste en nie een het ons teleurgestel nie. Puik golfbaan by Highland Gate met die beste uitsigte wat ek al ooit op 'n binnelandse golfbaan gesien het. Kan ook Dullstroom on Horseback aanbeveel as jy hou van perdry - baie goeie diens met goeie pryse en prentjie mooi uitsigte."
"Carolina is a small and quiet town. It is therapeutic to be exact. "
"Dis 'n ongelooflike deel van Suid Afrika wat naby baie historiese en natuurlandmerke is. Dis werklik iets om te beleef! Herfs voel vir my soos 'n beter seisoen want Sabie kan nogal nat word."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Guest House Mamma Mia"Nelspruit was nog altyd ons "aandoen halte" op ons pad na die Wildtuin, maar ons het nog nooit Nelspruit verder ontgin as 'n toeristebestemming nie. "
"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Hazyview is one of the most beautiful areas our country has to offer. From the majestic Blyde River Canyon, to the multiple waterfalls, and The Graskop Gorge Lift allowing you to walk through a natural forest, if you're a nature lover you have to add this to your travel list. Hazyview itself has so many outdoor activities to offer, as well as fantastic restaurants, and of course, the Kruger National Park. "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Die Wildtuin sal altyd vir ons spesiaal wees. Nou dat ons 'n bekostigbare plek het wat nie ver van die Wildtuin af is nie, sal ons vir seker meer gereeld gaan kuier. "
"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "
"Ons was oor Paasnaweek by Kaapsehoop en die dorpie baie besig gevind. Nogtans het ons dit geniet om die omgewing te verken en die wilde perde te sien. Dit is net jammer dat van die roetes, bv. na Battery Creek Waterval, gesluit was. Hoop bosbou sal die besluit weer heroorweeg en oop stel aan besoekers. Die restaurant tye pas dag besoekers, maar nie vir oornag besoekers wat dalk in die aand wil uitgaan. Gelukkig is daar darem 'n paar plekke oop wat to 8 nm oop blyk."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Guest House Mamma Mia"Ons besoek Nelspruit gereeld vir Sportbyeenkomste en natuurlik vir Innibos! Al die omliggende besienswaardighede dra by tot Nelspruit se sukses."
"Daar is so baie om te doen in en om Hazyview en dit kan jou besig hou vir paar dae, sonder om verveeld te raak. Een van ons gunstelingplekke om te besoek en sal nog baie in die rigting reis."
"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
"Dis een van daardie dorpies wat jy een maal moet besoek. Vriendelike mense. Oulike eetplekke en winkeltjies. "