Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6178 resensies.

Kingsview, Mpumalanga

Stille Woning Guest House

"Ons het Kingsview as 'n lekker stil omgewing ervaar en natuurlik maklike toegang na die pad tot Caster Bridge en ander winkels."

Kaapsehoop, Mpumalanga

Silver Mist Guest House

"Meeste restaurante slegs oop vir ontbyt en aandete. Hotel geen middagete. Sou nogal goed geld gemaak het as hulle middagete aangebied het. Daar was die naweek baie toeriste en mense wat deurgekom het vir die Vrydag, Saterdag en Sondag wat ons nog daar was. Baie het middagete gesoek wat moeilik bekombaar was. Die "Plaaskombuis" by die hotel het te min personeel gehad wat nie die toevloei van mense kon hanteer nie en baie mense het geloop nadat hulle lank gesit en wag het vir iemand om hulle bestelling te neem. Ons ook."

Marlothpark, Mpumalanga

Fever Tree

"Ek dink Marloth is die ideale wegbreekplek. Ons het grond daar en besluit nou om te gaan bou."

Marlothpark, Mpumalanga

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Marloth Park is beslis 'n bestemming vir bosliefhebbers. Die winkels het alles wat jy nodig het en pryse is billik."

Sabie, Mpumalanga

Floreat Riverside Lodge

"Dis 'n pragtige dorp en baie sentraal geleë in terme van besienswaardighede. Dis net vreemd dat die Inligtingsburo sluit op vakansiedae en naweke, wanneer toeriste die dorp besoek."

Dullstroom, Mpumalanga

Van de Poll Huis

"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Die hele Laeveld area, insluitende Sabie, Graskop, Pelgrimsrus omgewing, Kaapse Hoop & Barberton vorm saam 'n groot aantrekkingskrag!"

Lydenburg, Mpumalanga

Purple Gecko Guest House

"Die paaie is in 'n vreeslike swak toestand."

Dullstroom, Mpumalanga

Field and Stream

"Quaint little town, foodies will be in their element. "

Marlothpark, Mpumalanga

Lidvubu Lodge

"Die park is gerieflik in die sin dat jy kan rondloop en al langs die heining die diere in die Wildtuin kan besigtig. Die instandhouding van die paaie is na ons mening nie goed nie: veral by die tweede ingang na die winkelsentrum. 'n Goeie skraap sal verhoed dat jy jou kar menigmale onder stamp. Verder die afwesigheid van 'n kaart, maak die volle benutting van die park 'n mors aangesien ons nie bewus was dat daar 'n privaat wildskamp is waar leeus ens. aangehou word nie (of so hoor ons). Die rondsit van werkers wat stukwerk soek, is nie 'n gerustellende faktor nie. Dit maak my glo dat daar weinig sekuriteit toegepas word. "

Sabie, Mpumalanga

Floreat Riverside Lodge

"Sabie is die mooiste plek onder die son."

Marlothpark, Mpumalanga

Phumangeni Marloth Park

"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "

Lydenburg, Mpumalanga

Manor Guest House Lydenburg

"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "

Barberton, Mpumalanga

Bushwhacked

"Baberton self is vir my nie toeristevriendelik nie. Die paar museums en Geo trail is basies al wat daar is. Eetplekke is ook onder verdenking en ons het uit gery na die Boskombuis om iets te eet."

Mpumalanga

Dubula Mangi Safari Lodge

"Lots of interesting places but far apart from each other, travelling requires. But nice places."

Marlothpark, Mpumalanga

John and Noleen's Place

"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."

Marlothpark, Mpumalanga

South Post at Kruger

"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."

Dullstroom, Mpumalanga

Mahanaim

"Lieflik en rustig. Met 'n vertroue in jou medemens wat ons nie ken hier in die stad nie."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"Pragtige asemrowende natuur."

Waterval Boven, Mpumalanga

Luilekker Guest House

"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."

Graskop, Mpumalanga

Autumn Breeze Manor

"Only if they could improve on transport services. Other than that, Graskop is very peaceful."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"Town itself not very clean."

Marlothpark, Mpumalanga

Oppidraai

"Paaie langs heinings kort aandag."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"They should have transport for the people who don't have transport, maybe from Nelspruit."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Crocodile Nest

"Ons was nie juis in Nelspruit nie, ons het maar net deurgereis op pad huis toe van die Krugerpark."

Blad
Blad 158 - Wys 4711 tot 4740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang