Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6178 reviews.
"Potholes was nie so mooi. Dink dalk daar was te veel water. Mac Mac falls bederf met traliewerkre."
"Sabie as dorp het baie agteruit gegaan vandat ek jare gelede daar was, maar dis maar die storie van meeste klein dorpies vandag. Die mense was baie vriendelik en behulpsaam. Ons het ongelukkig onwetend tydens gemeenskapsoproer die dorp besoek, so dit het 'n redelike demper op ons vakansie geplaas."
"Ons het baie lekker by die Spur geëet. Diens was goed en kos baie lekker. "
"Dullstroom is pragtig en daar is baie om te doen vir mense wat hou van lekker eet en stap!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Amigo's Bed & Breakfast"Happy, gasvry, behulpsaam en supervriendelik!"
"Dullstroom met al sy winkeltjies en restaurante bly een van my gunstelingdorpies in ons land."
"The grocery store is ridiculously expensive, has a limited variety of stock and the store is very small, which makes shopping in the store a bit of a nightmare. We paid R58.00 for a packet of bacon. This is something that should be looked at especially when it's holiday season."
"Puik alternatiewe verblyf vir wildtuin. Meer bekostigbare en meer privaat. Slegs paaie kort aandag. Kan verbeter word. Tans meer vir bakkies, en SUV."
"Baie lekker. Net bekommerd oor al die openings by die heining langs die wildtuin by die rivier af. Drade word nie nagegaan nie. Sommige toeriste oorskry die spoedgrens van 50 op die teerpad. Sit spoedwalle op. Ook te veel werkers wat langs die teerpad rondhang."
"Een van my gunstelingdorpe in die Laeveld. Alles wat mens nodig het in een dorp."
"Die Gorge was ongelooflik, maar die toegangspad vanaf Hazyview is iets wat ek nie vir enige persoon sal aanbeveel nie."
"Vriendelik! Orals vriendelik en puik diens. Van Mankele, Sudwala-grotte, watervalle, Mediclinic, Midas en SPAR - kliëntediens is topklas. Ek was verbaas oor hoe skoon die laeveld is, maar wat my die meeste opgeval het is die vriendelikheid van die mense."
"Sad to see bakery has gone, fresh baked bread rolls whilst sitting at Two Trees was something we enjoyed on previous visits. Impressed to note diabetic and gluten free items being stocked, not only at Marloth but the camp shops in Kruger. We will be back."
"An absolute must for every visitor. A little warning though, the roads can be tricky as large potholes are all around."
"'n Egte Suid-Afrikaanse bosveld ervaring. Dink net daar moet duidelik gesê word mens het 'n bakkie/SUV nodig want die grondpaaie is nie baie maklik om met gewone kar te ry nie."
"Kan dalk iets aan die grondpaaie gedoen word. Olifant drive is 100%, maar die grondpaaie is in minder goeie kondisie, kan seker aan die reën toegeskryf word, maar maak dit moeilik as mens binne die park self wil rondry en wil wild kyk. Verder is dit 'n baie lekker plek."