Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1074 reviews.
"Hierdie deel van ons land is 'n juweel. Ontdek dit op roetes weg van die hoofpaaie. "
"Tans droog, maar die vriendelike mense is 'n moet. Lang, oop vlaktes maak jou kop mooi skoon. Ons mense van die stad moet dit meer doen. Die eenvoud bring rus."
"Daar is 'n koppie in die middel van die dorp en dit maak Springbok die dorp wat hy is!"
"There's a lot more to see in the Kamieskroon area than meets the eye even if they are stricken with drought at present."
"Van waar ons gereis het was dit ver (Langebaan) en nie die moeite werd nie. Ook a.g.v. die droogte was die blomme n bietjie teleurstellend."
"Jy hoef nie net Namakwaland toe te gaan vir blomme nie. Kammieskroonberge is mooi om enige tyd te besoek. "
"Dis ontsettend droog en ons, hier in die natter deel van die land besef nie wat daar gebeur nie. Ten spyte daarvan het ons die mooiste blomme gesien. Dit was nie die plate van 2006 nie, maar die kleinste blommetjies het moedig probeer. Die mense van Namakwaland maak alles die moeite werd. Vra net 'n vragie en die positiwiteit spuit uit en hulle gesels lekker. Vertel van die swaar, maar sonder om te kla. "
"Prys bietjie te veel in vergelyking met ander gastehuise waar ons al was. Omgewing is egter pragtig in blomseisoen. "
"Pragtige berge, pragtige blomme. Min mense, min verkeer. Wonderlike mense. Vars lug en baie breathing space."
"The area around Springbok is interesting with Okiep and Nababeep worth a visit. Due to the drought there wasn't much in terms of flowers, but this does not detract from the inherent beauty of the area."
"Vanaf Grootvalleij is dit n klipgooi na die Gifberg Natuur Reservaat en volg 'n baie mooi roete. Kan ook die Grootvlei-bergpas ry. Vriendelike mense wat nie die woord moeite ken nie."
"Enig in sy soort sover dit natuurskoon betref. Alhoewel die droogte die blomme geknel het is die ryery op die teerpad net een genot. 'n Blom hier en daar was 'n bonus."
"Dalk is Springbok op sy eie nie 'n toeris se droom nie, maar 'n goeie halfweghuis vir 'n hele paar ander bestemmings en besienswaardighede!"
"Hierdie wêreld het sy eie mooi waarop jy ingestel moet wees. Ek sal dit enige tyd weer gaan besoek!"