Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1074 reviews.
"McDougallsbaai is 'n aangename vakansiebestemming met geen oorvol strande en verdrukking nie. Die rustigheid van die kusdorpie betower regtig 'n vakansieganger. Die inkopiesentrums en restaurante voorsien in alle behoeftes wat besoekers moontlik mag het."
"Nie die mooiste plek onder die son nie. Die hang af hoekom jy daarnatoe wil gaan. Kleinzee gaan nie elke toeris se voorkeur bestemming wees nie."
"So much nothing there, vast open spaces, perfect escape from the big cities."
"Springbok is 'n groterige dorp wat alle noodsaaklike besighede het en geriewe kan bied. Springbok is naby die Skildpad Natuurreservaat en sodoende uitstekend geleë om daarvandaan die blomme te besien in seisoen. Buite-seisoen is dit baie warm in die somer, dit het nogal verbasend afgekoel in die nag. "
"Springbok het baie gerieflike akkommodasie plekke, restaurante en besienswaardighede om 'n kuiertjie daar, die moeite werd te maak!"
"Strand was vol bamboes en baie vlieë. Ek het die Lambertsbaai en Elandsbaai area baie meer geniet, skoon en minder raserige mense."
"Ons het dit as sentrale punt gebruik en elke dag gereis na die omliggende bestemmings (Alexanderbaai, Kleinsee ens.). McDougallsbaai en Port Nolloth op hul eie bied nie veel om te doen of beleef nie."
"Die plek was so besig, maar moet besef dit was dag voor Kersfees waar almal laaste Kersinkopies doen, maar almal is vriendelik en het van die dorpie gehou, besoek gerus Brian se Spur ook."
"Neat overnight facility, will suggest an extractor fan in the bathroom and an extra milk for a second cup of tea. Further no complaints."
"Dis 'n wonderlike vakansieplek, ons is verbaas dat die plek nie oorval word met toeriste nie! Ek voel vir 'n verandering of ek uitgerus het omdat dit nie te besig is nie en die paaie soontoe baie stil is."
"Springbok is so lekker groot en daar is alles wat jy sal nodig kry. Die mense is baie vriendelik."
"Ek het die plek vuil gevind en die dorp se strate baie ongemaklik om op te ry. Ek dink die munisipaliteit kan baie meer doen om die plek skoner en meer toeriste vriendelik te maak, selfs buite blomme seisoen."
"Daar is baie goed om te sien rondom Kleinsee, Portnolloth en Hondeklipbaai."
"Ek was 5 jaar laas op McDougallsbaai en wat 'n metamorfose. Het die plek byna nie geken nie. Ou Dr. Bakker se huis is weg."
"Interessante dorpie. Ek is jammer ek kon nie meer tyd daar spandeer nie. "