Verified Reviews

North Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast

Rated 4.5 out of 5 based on 1786 reviews.

Zimbali Estate, North Coast

13 Yellow Wood

"Hope swembaddens, wonderlike speelplek vir kinders genoeg in die resort om te doen!"

Thompson's Bay, North Coast

Long Island 56

"Mooi strand maar vir swem in die branders eerder Ballito hoofstrand wat ook naby is."

Shaka's Rock, North Coast

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Vir my as rolstoelgebruiker is die sypadjies nie baie rolstoelvriendelik nie, dit is soms te smal en het hoë kante af, dit is moelik om by die houtpaadjies te kom vanaf die woonstel tot daar. Die strand met sy houtpaadjies is baie lekker om te gebruik en baie rolstoelvriendelik."

St Lucia Estuary, North Coast

Gerda's Place

"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."

Shaka's Rock, North Coast

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Shaka's Rock is 'n baie mooi area en baie sentraal geleë. "

Eshowe, North Coast

Mpushini Falls Resort

"'n Wonderlike kulturele ervaring om meer te leer van die Zulu-kultuur. Fort Nonqwai was 'n hoogtepunt met 'n pragtige kunsmuseum asook die Dlinza-woud se Aerial Boardwalk."

St Lucia Estuary, North Coast

Little Eden St Lucia

"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."

Willard's Beach, North Coast

Sands Beach Breaks Ballito

"Baie rotsagtig. Nie goeie swemstrand nie."

Ballito, North Coast

Zuider Zee

"Baie skoon en netjies. "

Ballito, North Coast

19 Tontiki

"Baie oulike kusdorpie. "

Sodwana Bay, North Coast

Dumehlezi

"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."

Ballito, North Coast

The Boulders 206

"Groot verskeidenheid restaurante, was buite-seisoen wat dit lekker gemaak het dat dit nie 'n sirkus was nie. Sal verseker weer in Ballito gaan vakansie hou."

St Lucia Estuary, North Coast

Kings Palace

"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."

St Lucia Estuary, North Coast

Ndiza Lodge and Cabanas

"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."

St Lucia Estuary, North Coast

Oppi Rotse

"Sal graag in die pragtige dorpie wou bly vir altyd!"

St Lucia Estuary, North Coast

St Lucia Wilds

"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."

St Lucia Estuary, North Coast

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."

Ballito, North Coast

Family Holiday House

"Ballito self is 'n wonderlike vakansieplek."

Sodwana Bay, North Coast

Phumulani Lodge

"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."

St Lucia Estuary, North Coast

St. Lucia Safari Lodge

"Nice place for a holiday, I like it."

Ballito, North Coast

Prosperita

"Tweede jaar wat ek spesifiek oor paasnaweek soontoe gaan. En dit gaan definitef 'n gereelde instelling wees."

St Lucia Estuary, North Coast

Stokkiesdraai

"Puik weens die ligging: see, natuurparke, warm seewater. En meestal Afrikaans!"

St Lucia Estuary, North Coast

Oppi Rotse

"Pragtige natuurskoon."

Sodwana Bay, North Coast

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

St Lucia Estuary, North Coast

Ingwenya Lodge

"Sal dit aanbeveel vir almal."

Page
Page 57 - Showing 1681 to 1710
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers