Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1786 reviews.
"Shaka's Rock is a lovely, wonderful area. We were very impressed with the shopping areas, malls, shops and beaches."
"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."
"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."
"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."
"Lekker rotspoele vir kleintjies om in speel en getypoel vir swem. Branders bietjie te rof. Ideaal vir gesin, lekker visvang vir die manne."