Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 3111 resensies.
"In terms of access to the shopping malls and other places of interest such as the Kgaswane Nature Reserve, they are well located. The area itself is a quiet suburb."
"Dit is vir oorsese mark bedoel. Daar is baie om te doen en te sien. Ons het dit baie geniet."
"Harties is Afrika. Jy moet dit self ervaar. Daar is oorgenoeg aktiwiteite om jou vakansie mee te geniet."
"Die dorpie is biejie klein en daar is nie veel te doen in die dorp self nie, 22 minute buite die dorp is Baberspan, wat 'n verrassing was dit om daar te gaan draai. Daar is 'n voëlreservaat en jy kan tot voëls sien wat jy gewoonlik net by die see sien soos pelikane en seemeeue. Die water is baie skoon. Ek gaan definitief terug soontoe om weer tyd daar te spandeer."
"Aan te beveel. Ek sou graag 'n detailkaart van die omgewing wou kry. Een soos wat buite by Van Gaalen, die kaasmakery, is."
"A very beautiful destination, with a lot of activities. I would definitely go back again."
"Die feit dat Sun City baie naby is, maak Rustenburg 'n goeie bestemming vir 'n wegbreek. Ons het die aand lekker by die winkelsentrum gesit en eet."
"Daar is soveel doendinge. Die kabelkar en restaurante bo was heerlik met 'n pragtige uitsig en gerieflike meubels waar jy die hele dag kan deurbring. Die boot en winkeltjies was heerlik. Alles behalwe ons verblyf."
"Klerksdorp is an amazing gem of a city, very vibrant, relaxed and friendly. Well worth a visit. We didn't expect much but were very pleasantly surprised and will definitely be visiting again. Lots of culture, friendliness and places to visit."
"Baie vriendelike en gasvrye mense wat altyd behulpsaam is in die dorp en met enige iets wat mens sou nodig kry."
"Nie baie besighede en aktiwiteite oop op Maandae en Dinsdae nie. Baie planne kon nie uitgevoer word nie."
"My vrou het grootgeword in Lichtenburg en my saam met haar op "memory lane" geneem. Ek is onbekend met die gebied, 'n gebore Wes-Kapenaar. Dit was egter baie lekker en ons sal wel weer 'n draai maak wanneer die geleentheid hom voordoen."