Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Baie vriendelike en gasvrye mense wat altyd behulpsaam is in die dorp en met enige iets wat mens sou nodig kry."
"Town itself is a bit of a dump, but we did find 2 pleasant lunch-time venues : River Cafe and Juke Box."
"Nie baie besighede en aktiwiteite oop op Maandae en Dinsdae nie. Baie planne kon nie uitgevoer word nie."
"My vrou het grootgeword in Lichtenburg en my saam met haar op "memory lane" geneem. Ek is onbekend met die gebied, 'n gebore Wes-Kapenaar. Dit was egter baie lekker en ons sal wel weer 'n draai maak wanneer die geleentheid hom voordoen."
"Daar was mooi dele en waar ons oornag het, was mooi. Naby en om die kampus is lieflike lanings. Net jammer die strate is vol slaggate."
"It feels a lot like Stellenbosch. Lots of young people walk the streets which we enjoy."
"Die liggiefees by Abraham Kriel kinderhuis in Desember is uitstekend! Hulle kan dit gerus meer adverteer!"
"Die landskap verander drasties as jy die grond pad na Venterskroon vat. Daar is 'n aangename "Pub en Grill" in die dorp."
"Ek het op Rustenburg groot geword en sal altyd terugverlang. Daar is baie in die ongeewing om jou mee besig te hou. Maar ek moet ook sê, ek bly uit die sentrale deel van die dorp weg, is te besig. "
"Die teerpaaie se onderhoud het totaal en al verval. Beter om op grondpaaie te ry."
"Dis asemrowend. Ons het vier van die Groot 5 gesien in hulle natuurlike habitat. Die natuurskoon is ongelooflik mooi en die paaie na die bestemming is goed onderhou."
"Heel waarskynlik is daar meer in Vryburg om te sien, maar vir my is dit 'n dorp op pad na my bestemming, Kakamas, wat ek vir baie jare al ry."
"Dis is soos normaal 'n plattelandse dorpie wat uitgebrei het na 'n standvastige dorp met baie fasiliteite en genoegsame inkopiesentrums om van te kies. Die restaurante en eetplekke is baie goed gemerk. Het 'n apteek gebruik in die dorp en al die mense was net so hulpvaardig en vriendelik."
"Mens hoor deesdae niks goeds van Vryburg nie, onveilige dorp om selfs net deur te ry en toe ons vriende hoor ons gaan daar slaap, het almal se oë opgetrek."