Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1894 reviews.
"Goeie Spur (ook oop van 07:00 vir ontbyt) en Ocean Basket. Sekerlik ook ander lekker eetplekke. Dorp is netjies en skoon."
"Vryburg het al 'n reputasie gekry vir "smash-and-grab", wat jammer is. Ons het nie die dorp verder verken nie. Die hoofstraat was skoon, maar baie besig. Mam's Food, by 'n vulstasie net as jy die dorp nader, se kos was werklik smaaklik en waarde vir geld. Jy kan voor die restaurant parkeer. Diens was vriendelik."
"Het meer verwag om klein winkeltjies te kry, toe is daar net baie China shops."
"Sou langer wou bly en die keer op vakansie en nie ander verpligtinge sodat ek meer van die plek kan geniet."
"There were a couple of things to do like the Cheese Farm, The Strawberry Farm, there is a spa, and hiking. If you want boat rides, then you have to drive into Haarties."
"My kinders is daar op universiteit. Ons gaan kuier gereeld. Maar dit is meer 'n studentedorpie."
"Potholes het versleg. Maar dit bly my geboortedorp en ek sal altyd 'n tere plekkie hê daarvoor."
"A typical small town, I was only there for business, so cannot comment from a tourist perspective."
"Ons was al paar keer by gastehuise of selfsorgeenhede in Potchefstroom. Tot dusver is daar geen klagtes oor venues wat ons besoek het nie. Infrastruktuur van die dorp is van so ’n aard dat jy vinnig by jou bestemming kan uitkom. Sommige paaie, veral in die middedorp is net heelwat ondraaglik - te veel "potholes". Dit kort opknapping. Munisipale dienste in terme van die skoonheid van die dorp behoort ook aandag te geniet."
"Die dorp self is besig om teen 'n baie vinnige tempo uitmekaar te val. Infrastruktuur, dienste en veiligheid is van groot kommer en jy moet baie versigtig wees waar in die dorp jy jouself bevind. In die woonbuurte word darem 'n poging aangewend, maar in die algemeen is dit nie 'n baie aangename besoek nie. Ons weet want ons kinders woon in Klerksdorp en ons besoek hulle redelik gereeld."
"Sekere van die paaie in Klerksdorp het baie agteruit gegaan, maar as bestemming is daar baie besigtighede en aktiwiteite vir ieder en elk."