Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1921 resensies.
"Mooi dorpie met baie interessante besienswaardighede. Darem net baie baie jammer vir die probleem met die hiasinte, maar ons glo daar word aandag aan gegee."
"Skeerpoort is ideaal geleë as jy Harties wil besoek, maar in 'n bietjie stiller area verblyf verlang. Die area is baie mooi. Die bergreeks veral."
"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
"Naby aan die NWU-kampus. Glo wel die area kan gevaarlik raak na donker."
"Hou van die stilte. Naby genoeg aan moontlike bestemmings in die omgewing. Dit is 'n klein dorpie wat 'n sjarme van sy eie het. Sal graag meer tyd daar en in die omgewing wil spandeer. Het gesukkel om inligting te kry oor wat in die nabye omgewing te doen en te sien is."
"Die strate in die omgewing is in 'n slegte toestand met al die potholes. Daar kan dalk ook gekyk word na straatligte in die hoofstraat, dit sal besoekers help om snags hul bestemmings makliker te breik as jy vreemd in die omgewing is."
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes
The Kingdom Resort"Road to and from Pilansberg National Park full of potholes and not a relaxing drive. Restaurant staff not customer orientated, service definitely needs to be improved."
Sentraal Potchefstroom, Noordwes
Jakkalsdraai Guest House"Die area het agteruitgegaan, voel dit vir ons, en alhoewel mens vrouestudente sien alleen rondloop het dit gevoel of ek huiwerig sal wees om daar rond te loop. Ons het 'n baie oulike lodge so 10 minute van daar gaan aandete eet. Die kos was maar teleurstellend vir die prys, maar daar was 'n mooi plekkie om die sonsondergang te geniet langs die rivier en 'n kaggel binnekant so ons het lekker daar gekuier. "
"Rustenburg is 'n baie vriendelike dorp skoon en netjies. Alles wat jy kan nodig kry is in die dorp beskikbaar."
Sentraal Potchefstroom, Noordwes
Hill Manor"Soos enige plek in Suid-Afrika is die netheid van strate en versorging van sypaadjies 'n uitdaging. Ons besoek nie Potch as toeristebestemming nie, maar omdat ons 'n kind aan die PUK het."