Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Het nog altyd net daar verby gery. Maar nadat ons daar oornag het, sal ons graag die dorpie meer volledig wil verken en langer bly. Dit is definitief volgende op ons vakansie agenda."
"Colesberg se strate kort instandhouding en sypaadjies moet skoon gehou word. Heelwat geboue kan doen met 'n blik verf."
"Ek dink Calvinia is tydens blommeseisoen en die Vleisfees die ideale bestemming met oulike gastehuise en ook 'n paar uitstekende restaurante."
"'n Moet vir natuurliefhebbers. Die detail is in die natuur se klein dingetjies en die ongelooflike vistas. Neem jou tyd en moenie haas nie."
"Dit lyk na 'n baie oulike dorp. Ongelukkig was meeste besienswaardighede toe. Ons het wel baie lekker geëet by Die Vetmuis Restaurant. Die diens was ook baie goed."
"Dit wat ons gesien het was goed. Lekker restaurante. Die weer was fantasties."
"Upington is 'n groot, mooi dorp. Ons was teleurgesteld met die museum (by The Red Ox) - dit was 'n weeksdag in besigheidsure, maar die museum was toe sonder enige kennisgewing. Personeel se voertuig buite die museum, maar geen diens hoegenaamd. Ek dink dis baie swak en iets waarop verbeter kan word."
"Die plek is groter as wat ek verwag het. Sal nie vir lank daar kan kuier nie, maar het heerlik rondgestap en koffie gedrink by Daily Coffee Cafe en sal dit aanbeveel vir oornagplekkie."
"Rated Askham 5 stars for convenience when travelling to and from Kgalagadi and for the fact that it is home to Kameelboomkoelte! Old style general dealer is worth a visit - one can buy anything from playing cards, vegetables, bicycle spares to a wedding dress!"
"Die plattelandse dorpies is nog mooi en skoon en word nog opgepas. Vergelyk met sekere ander provinsies is die agteruitgang minder en is die dorpies nog baie mooi, en dit maak Noordkaap nog steeds 'n gunstige toeriste-gebied."