Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Mooiste dorpie. Ons het begin uitkyk vir eiendom daar. Sal daarvan hou om daar af te tree."
"Spandeer meer tyd daar en knoop gesprekke aan met die plaaslike mense. Dis kos vir die siel en gee jou weer moed vir ons land en sy mense!"
"Ons was teleurgesteld omdat geen van die restaurantjies oop was nie. Maar het gehoor dit was nie toeriste-seisoen nie."
"Die droëwors by die slaghuis is baie lekker en die heuning daar te koop is heerlik. Skoon dorpie en almal doen moeite om besoekers tuis te laat voel."
"Mooi dorpie wat vir seker toeriste behoort te trek. Die Hantamberge is pragtig. Die dorp oor die algemeen skoon en netjies."
"Die inwoners wat ons gesien het, het nie veel gehoorsaamheid aan die COVID-19-gesondheidsprotokol getoon nie "
"Wens dit was nader aan ons dorpie. Sou elke naweek gery het tot daar."
"Die dorpie is erg afgerem en verwaarloos. Sal waarskynlik nie weer daar oorslaap nie."
"Baie mooi, stil en rustige plek vir 'n lekker wegbreek, kuier of tuiste. Almal is so vriendelik!"
"First trip to Kalagadi which exceeded expectations. The roads were in excellent condition and the people friendly. Can't wait to be back."
"Hondeklipbaai is 'n plek met baie interessante naamborde en vriendelike inwoners, sout van die aarde mense. Sammy se vis is uitstekend en 'n moet wanneer jy daar kuier. 'n Heerlike en ontspanne atmosfeer heers oor die dorpie! Die vissermanne trakteer mens die hele tyd met hulle sêgoed wanneer hulle van die bote afkom. Gaan geniet Hondeklipbaai-mense en bly by die Honne-Pondokkies!"
"Kathu is 'n mooi dorp. Tuine is pragtig. Het dit geniet om almal se tuine te kyk."
"My bag was stolen out of my car boot, so obviously criminals are watching and one has to be careful. Also roads are extremely bad and the whole town is very dirty. If not for business I would not travel there."