Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7944 resensies.
"Mooi Karoo dorpie, maar bietjie warm vir my vir vakansie hou."
"'n Pragtige, baie skoon plattelandse dorpie. Vriendelike mense oral. Goeie basispunt as jy wil bergpasse ry."
"Aangenaam verras deur die dorpie. Beter as baie van die klein dorpies wat baie meer publisiteit kry."
"Maak seker jy besoek al die besienswaardighede op Salmon van Kleinbegin se lys! Ons tyd het te gou opgeraak. Met die besoek aan die valle en die rit deur die park, het ons nie by alles uitgekom nie. Ons wil graag teruggaan."
"Dit lyk na 'n interessante klein plekkie. Ek sal graag in die toekoms meer tyd daar wil spandeer om die plekkie te verken."
"Dis 'n klein maar rustige klein dorpie, opvallend skoon met 'n redelik groot supermark waar jy alles kan kry wat nodig is en 'n uitstekende restaurant. Die dorpie is ook geleë op 'n roete met min verkeer."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Bedelaars en rondlopers maak die dorp minder aangenaam."
"Britstown is small and does not have many sights but I would stay at Rooidam on the farm as that is a wonderful experience."
"Mooi plek, naweke is alles ongelukig vroeg toe, kinders pla bietjie by winkels deur te bedel."
"Richmond is 'n baie rustige lekker plek, ideaal vir mense wat wil wegbreek vanaf die besige stadslewe."
"Die dorp het ons aangenaam verras. Heerlike eetplekke, pragtige kerk en baie gasvrye mense!"
"Baie klein dorpie. Perfek geleë as oorslaap plek, aangesien dit basies halfpad tussen Gauteng en die Kaap is."