Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 10360 reviews.
"Die plekkie is vol stories, maar die gebrek aan veiligheid van die eiendom maak dit onaangenaam."
"Carnavon het 'n heerlike restaurant, Lord's Kitchen, wat van 16h00/17h00 af oop is (hang af wat die dag is wat jy besoek). Alle ander winkels maak 17h00 toe, dus moet jy seker maak jy het alles wat jy nodig het vroegtydig. Daar is nie goeie selfoonseine nie, dus, as jy van alles af wil wegkom, is dit die ideale plek."
"Dit is 'n oulike, plattelandse dorpie - iets wat ons hier in die stede mis."
"Ons het verby 'n baie gesellige restourant gery op pad na die gastehuis. Jammer ons het nie tyd gehad om daar saam te eet en kuier nie. Ons het uitgemis. Dis sulke goed wat mens die karakter van die dorp en sy mense laat mis. Ons sal beter beplan volgende keer."
"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."
"Victoria-Wes, soos enige klein dorpie in die Karoo, het sy bekoring, sy mense mense en natuurlik die lekkerste skaapafval by die Merino Restourant."
"Die Pienk Padstal by die brug is 'n moet. Net jammer die koffiewinkel by Belvedere was reeds toe met aankoms."
"'n Vriendelike dorpie omring van groen wingerde en ideaal vir 'n oorstaan op pad na die valle of Kalahari of Namibië."
"Baie klein dorpie - in die hartland van Boesmanland waar baie mooi en goeie mense bly. Die dorpie het sy eie plattelandse bekoring!"
"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."
"Hierdie keer het ons nie die area se besienswaardighede benut nie, maar uit ondervinding weet ek dat daar heelwat te sien is. En nie noodwendig in die blommeseisoen nie!"
"Baie mooi dorp met die Oranjerivier wat daar deurloop, maak voorsiening vir lieflike aande langs die rivier om jou aandete te kan geniet. Augrabies is ook nie te ver vanaf Upington nie en kan maklik in ’n dagreis gedoen word. Die wynkelders is ook beskikbaar vir besoek."
"Het al in baie plekke gebly in Colesberg, maar soek nog die plek wat aan vereistes voldoen. Goedkoop verblyf is nie altyd die beste nie. Ek dink Gariep Dam is 'n beter plek om te bly as ek na verblyf opsies kyk."
"Ek is mal daaroor om na die sterre te kyk in die hemelruim. Ek gaan gewoonlik Sutherland toe maar hier in Nieuwoudtville was dit ook maar net so mooi. Net 'n jammerte dis so vreeslik droog."
"Ek weet nie wat alles in die omgewing beskikbaar is vir besoekers nie, maar die plek is nog altyd uitstekend geleë vir oornagakkommodasie in die Noord-Kaap."
"Die dorp kom voor as dood, maar toon soveel potensiaal! Dit is eerder 'n toeriste-oornagplek op hierdie oomblik as 'n toeristebestemming. Daar sal meer besienswaardighede moet wees om dit 'n bestemming te maak. Die dorp het 'n pragtige woongebied met netjiese huise en tuine en groot, netjiese skole. Die kragplaas is 'n interessante ontwikkeling, maar daar is nie agressiewe bemarking in die verband nie. Die rooi waarskuwingsligte in die nag trek die aandag, maar dit is al. Die sakekern van die dorp voorsien net basiese diens en beskik net oor basiese winkels. Dit kom voor, en is 'n groot jammerte, asof die dorp, wat soveel potensiaal het, as 't ware net laat staan is en asof die inwoners dit nie eens agterkom nie."