Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7907 reviews.
"Vir 'n baie lekker skaapnek, samp en groentes (regte, egte boerekos) gaan besoek gerus Bordeaux!"
"Oorspronklike naam Amandelboom se geskiedenis was interessant, asook die Korbeelhuise van die pionierboere in die Hantam was 'n wonderlike ontdekking. Williston Mall moet besoek word, maak daarom 'n dag vooraf 'n afspraak met hul om teleurstelling te voorkom."
"Onthou alles is toe oor 'n naweek, maar dis heerlik om rond te loop en met die vriendelike inwoners te praat! "
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Peaceful Place"I must say it is my first experience at Mc Dougalls Bay. It was awesome to be there."
"Ons verblyf was te kort gewees om regtig die dorp te verken, maar mense is vriendelik en gasvry, sal aanbeveel om langer te kuier en meer van die dorp te sien."
"Die Nedersetting is 'n baie groot bate vir die dorp. Groot geleenthede kan nou met swier daar aangebied word."
"Daar is nie baie te doen in die dorp nie. Op pad na Strydenburg is daar ‘n wonderlike padstal Kambro. Dit is ‘n moet!! Heerlike koffie, tuisgemaakte pasteie, melktert en baie meer!!! "
"Dit is 'n klein dorpie maar oral is ons baie vriendelik en met belangstelling deur die inwoners ontvang."
"Baie rustig en die mooiste natuur. Die plaaslike inwoners kan 'n bietjie van 'n las wees. "
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."
"Kuruman was altyd baie skoon en netjies, glad nie meer die geval nie. Pasop vir 4 rigting-stopstrate! "