Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7916 resensies.

Colesberg, Noord-Kaap

The Lighthouse Guesthouse

"Goed geleë tussen die Kaap en Johannesburg vir 'n oornagstop."

Kleinsee, Noord-Kaap

The Beach Cottage Kleinzee

"Nie die mooiste plek onder die son nie. Die hang af hoekom jy daarnatoe wil gaan. Kleinzee gaan nie elke toeris se voorkeur bestemming wees nie."

Prieska, Noord-Kaap

RRG - River Rapids Grace Units

"Moet eenkeer in jou lewe daar gaan draai."

Douglas, Noord-Kaap

Broadwater River Estate

"Very cute little town. We enjoyed visiting the winery. People were very professional and friendly."

Britstown, Noord-Kaap

Elsa's @ 27

"Ons het nie regtig Britstown verken nie, het net oornag en die volgende oggend weer vertrek."

Groen Kalahari, Noord-Kaap

Khamkirri

"Die mooiste plek wat ek al ooit besigtig het."

Hopetown, Noord-Kaap

Hopetown Accommodation

"Ook 'n baie mooi en pragtige klein dorpie in die Karoo."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Dis 'n baie mooi en rustige ou dorpie, perfekte plek om oor te slaap, in die Karoo!"

Richmond, Noord-Kaap

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Pondokkies

"Alhoewel Hondeklipbaai op enige reisiger se lysie moet wees, is daar nie veel om te doen nie. Dit is 'n mooi dorpie en ons het lekker gekuier by Dop en Kreef, en die mooi plekkies wat kenmerkend is aan Hondeklipbaai besoek. Ten minste twee dae is nodig om Hondeklipbaai te ervaar. "

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Colesberg is 'n mooi dorp, jammer dat al die restaurante (behalwe die Wimpy) en kruidenierwinkels op Kersdag toe is. Toerisme is 'n 365-dag besigheid."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op."

Keidebees, Noord-Kaap

Kalahari Rus

"Baie goeie ligging."

Colesberg, Noord-Kaap

Chargo Merino Inn

"Pragtige dorp met lekker eetplekke. Wanneer jy net deurry sien jy nie die mooi nie."

Calvinia, Noord-Kaap

Carmel Villa B&B or Self-catering

"Baie vriendelike mense en baie gastehuise om van te kies."

Carnarvon, Noord-Kaap

Sandrivier Gasteplaas

"Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!"

Vanderkloof, Noord-Kaap

Rhino Manor

"Om oor die damwal te kon ry en by die uitkykpunte te kon stop en die wal te kon aanskou was regtig iets om te onthou."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Nollie's

"Port Nolloth is 'n baie oulike plekkie, maar daar kan aan die skoonheid van die dorp gewerk word, veral langs die wandelpad is rommel gestrooi. Die mense is baie vriendelik. Ons wou graag by die Museum inloer om van die geskiedenis iets te hoor, maar ongelukkig is dit 'n verwaarloosde en verlate gebou."

Calvinia, Noord-Kaap

Klipwerf Gastehuis

"Sal beslis weer besoek wil aflê in Calvinia. Daar is soveel van die dorpie wat ons nog wou sien, maar tyd het ons ongelukkig ingehaal."

De Aar, Noord-Kaap

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde."

Kakamas, Noord-Kaap

Meerkat Compound

"Netjiese, vriendelike dorp."

Die Rand, Noord-Kaap

BeMyGuest

"Daar is baie om te sien en te doen."

Springbok, Noord-Kaap

Arendsnest

"Springbok is 'n groterige dorp wat alle noodsaaklike besighede het en geriewe kan bied. Springbok is naby die Skildpad Natuurreservaat en sodoende uitstekend geleë om daarvandaan die blomme te besien in seisoen. Buite-seisoen is dit baie warm in die somer, dit het nogal verbasend afgekoel in die nag. "

Meltonwald, Noord-Kaap

Melton Wold Guest Farm

"'n Moet-bestemming! Interessante geskiedenis en absoluut pragtig! Victoria West is 'n interessante dorpie, besoek gerus die Monument. "

Kathu, Noord-Kaap

Eagles Rest Kathu

"Kathu lê omtrent 6 km van die hoofroete af. Die winkelsentrum bied alles wat mens kan nodig kry. "

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Baie rustige plek om oor te slaap - baie goed. Hulle kan dalk meer klem lê op waar toeriste heen kan gaan en plekke van belangstelling op 'n kaart sit en by elke gastehuis uitdeel aan besoekers."

Kleinsee, Noord-Kaap

Kleinzee Guesthouse

"As rolspelers die pad kan opgradeer, sal ek beslis Kleinzee aanbeveel. "

Blad
Blad 186 - Wys 5551 tot 5580
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang