Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Onverwags baie oorslaapplekke en baie eet-opsies. 'n Vriendelike en skoon dorp waar jy lekker kan stap na 'n lang ry."
"Ek is van Noordkaap. Vriende van ander plekke het dit geniet was net bekommerd oor die droogte. Karoo vlaktes. Maar hulle verstaan dis maar Noordkaap."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Richtersveld Experience Lodge"McDougallsbaai is 'n aangename vakansiebestemming met geen oorvol strande en verdrukking nie. Die rustigheid van die kusdorpie betower regtig 'n vakansieganger. Die inkopiesentrums en restaurante voorsien in alle behoeftes wat besoekers moontlik mag het."
"Die Oujaar trekker-en-sleepwa het so prettig gelyk. Lekker atmosfeer in die dorp. Gevoel van veiligheid."
"Nie die mooiste plek onder die son nie. Die hang af hoekom jy daarnatoe wil gaan. Kleinzee gaan nie elke toeris se voorkeur bestemming wees nie."
"Very cute little town. We enjoyed visiting the winery. People were very professional and friendly."
"Ons het nie regtig Britstown verken nie, het net oornag en die volgende oggend weer vertrek."
"Dis 'n baie mooi en rustige ou dorpie, perfekte plek om oor te slaap, in die Karoo!"
"Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word."
"Alhoewel Hondeklipbaai op enige reisiger se lysie moet wees, is daar nie veel om te doen nie. Dit is 'n mooi dorpie en ons het lekker gekuier by Dop en Kreef, en die mooi plekkies wat kenmerkend is aan Hondeklipbaai besoek. Ten minste twee dae is nodig om Hondeklipbaai te ervaar. "
"Colesberg is 'n mooi dorp, jammer dat al die restaurante (behalwe die Wimpy) en kruidenierwinkels op Kersdag toe is. Toerisme is 'n 365-dag besigheid."
"Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op."
"Pragtige dorp met lekker eetplekke. Wanneer jy net deurry sien jy nie die mooi nie."