Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7944 resensies.
"Colesberg is eintlik 'n oornagplek vir reisigers van die binneland en terug af, maar dit is 'n dorp van groot historiese betekenis met baie mooi geboue."
"If you’re looking for Karoo rustic then Richmond is the place. An eclectic old town with character and some interesting shops and a wonderful art gallery. Lovely sunsets and great hospitality."
"Springbok het baie gerieflike akkommodasie plekke, restaurante en besienswaardighede om 'n kuiertjie daar, die moeite werd te maak!"
"'n Gebied wat baie droog is en ons is jammer vir die boere en mense wat daar kop bo water moet hou!"
"Lekker restaurant langs hotel. Kos uit die boonste rakke en diens wat jy in top restaurant verwag. Die kelnerin se absolute professionele diens was tops. Pryse baie billik."
"Dit sal wonderlik wees as daar iets aan die gate in die pad gedoen kan word. "
"Ek dink nie die dorp is werklik 'n vakansiebestemming nie, maar voorwaar 'n perfekte dorp om te oornag en route na die Weskus, of blommetoere, ens. Baie mooi wingerde en die Oranjerivier kronkel stadig deur die dorp. Interessant om dit te kan ervaar. Naby die Augrabiese watervalle."
"Strand was vol bamboes en baie vlieë. Ek het die Lambertsbaai en Elandsbaai area baie meer geniet, skoon en minder raserige mense."
"Keimoes is 'n wonderlike plek met wonderlike mense. Ons beplan ons vakansie weer in die toekoms in daardie rigting. Sal Tkabies en Keimoes aan enige persoon aanbeveel. Tkabies se diens/waarde is besonders vir enige reisiger en toeris. "
"Vriendelike, skoon dorp. Sal dit aanbeveel vir enige toeris. Heerlike skaapvleis te koop."
"Ons het dit as sentrale punt gebruik en elke dag gereis na die omliggende bestemmings (Alexanderbaai, Kleinsee ens.). McDougallsbaai en Port Nolloth op hul eie bied nie veel om te doen of beleef nie."
"Somer is baie warmer tussen die klippe en die wind kan onplesierig wees vir braai by swembad. Andersins baie lekker rustige wegbreek."